OEFENPROGRAMME OM ‘N 5KM WEDLOOP NA 5 WEKE TE KAN DRAF
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
A. Beginner 5km Program is bedoel vir
ongereelde hardlopers of energieke stappers wat:
·
Risiko=Groen: al reeds die 1ste
oefenprogram in KAFDRAF: “Stapper-tot-Hardloper vir Beginners” of hul
aanpassing van stap na draf gedoen het en reeds so 30min aaneen kan draf met
min stappe of
·
Risiko=Oranje: al reeds bietjie
ander sport of fisiese aktiwiteit soms elke week beoefen of
·
Risiko=Rooi: jy is gesond en
nie oorgewig nie, oefen net soms en het natuurlike talent en genoeg entoesiasme amper soos "Ryan
Sands” soek ‘n nuwe uitdaging.
(J Galloway-coach and author of Running:Getting Started. Opsomming van
“5
weeks to your first 5-k” in RW of August 2007)
Week
|
M
|
D
|
W
|
D
|
V
|
S
|
S
|
1
|
Stap/ander
20min of rus
|
Draf 10 min
|
Stap/ander
20min of rus
|
Draf 15 min
|
Stap/ander
20min of rus
|
Rus
|
Draf
3km
|
2
|
Stap/ander
20min of rus
|
Draf 15 min
|
Stap/ander
20min of rus
|
Draf 20 min
|
Stap/ander
20min of rus
|
Rus
|
Draf
4km
|
3
|
Stap/ander
30min of rus
|
Draf 20 min
|
Stap/ander
30min of rus
|
Draf 25 min
|
Stap/ander
30min of rus
|
Rus
|
Draf 5km
|
4
|
Stap/ander
30min of rus
|
Draf 25 min
|
Stap/ander
30min of rus
|
Draf 30 min
|
Stap/ander
30min of rus
|
Rus
|
Draf 6km
|
5
|
Stap/ander
30min of rus
|
Draf 30 min
|
Stap/ander
30min of rus
|
Draf 30 min
|
Stap/ander
30min of rus
|
Rus
|
5km wedloop
|
Beginner
Plan- beskrywings:
Maandae:
Stap of Ander=verwys na ‘n rustiger of rus
dag en hang af van hoe jy voel na naweek se harde oefening. “Ander”=aanvullende
lae impak oefeninge soos fietsry, swem, ligte gym sessie, ens. Hierdie sessie
moet ‘n geleentheid vir herstel van draf wees.
Weeksdae:
Dinsdag tot Vrydag se drafspoed moet gemaklik
wees veral vir nuwe hardlopers wat die 5km wedloop net wil klaar maak. Jy moet
nog bietjie kort sinne kan praat terwyl jy draf of so teen ‘n spoed wat voel na
gemiddeld 60% van maksimum vermoe of maksimum hardklop vir jou ouderdom.)
Naweke:
Die langafstandsessies word gemeet in
kilometers eerder as tyd om seker te maak jy vermeerder die afstand geleidelik
elke week. Die drafspoed is so 1-2 minute per kilometer stadiger as jou
vinnigste tyd oor 1km en dus ‘n gemakliker pas as deur die week. Gesels met vol sinne moet moontlik wees,
terwyl jy draf teen ‘n spoed net vinniger as vinnige stapspoed.
Onthou vir
veiligheid en beste resultate:
·
die belangrike Wette vir Langafstandhardloop
elders in Kafdraf blog.
·
Fokus eerder op tyd gedraf en
nie afstand of km nie en jou eie passkatting volgens die riglyne hier onder.
·
As jy nie Sondag wil oefen nie,
kan die weeksdae net 1 dag teruggeskuif word sodat Maandag word Sondag se
program, Sondag word Saterdag, ens.
B. GEVORDERDE 5KM PROGRAM(vinnige 5km of rustige 10km klaarmaak)
Met hierdie oefenprogram sal jou help om na
5weke ‘n 5km wedloop maklik en vinnig te kan kafdraf, maar dit is selfs geskik
om ‘n 10km wedloop te kan voltooi
·
Risiko=Groen: al reeds die 1ste oefenprogram in KAFDRAF:
“Stapper-tot-Hardloper vir Beginners” of hul aanpassing van stap na draf gedoen
het en reeds maklik so 30min aaneen kan draf of
·
Risiko=Oranje: al reeds ander sport of fisiese aktiwiteite
gereeld per week beoefen en nuwe uitdaging soek of
·
Risiko=Rooi: jy is baie gesond, nie oorgewig nie, het
natuurlike talent en baie entoesiasme “soos Ryan Sands” en wil ‘n nuwe
uitdaging aanpak.
Gevorderde 5km Program:(ook geskik vir 10km wedloop se klaarmaak)
(deur Chris Carmichael van Carmichael
Training Systems in RW of August 2007: Opsomming van “5 weeks to your first
5-k”)
Week
|
M
|
D
|
W
|
D
|
V
|
S
|
S
|
1
|
5km en 5x versnellings
|
Rus
|
6km met 5x versnellings
|
Rus
|
6km en 5x versnellings
|
3 tot 5km;
15 min kernspiere
|
Rus
|
2
|
5km en 5x versnellings
|
Rus
|
6km met 2x 5min @ SI en 15min kernspiere
|
Rus
|
4km en 5x versnellings
|
8 tot 10km;
15 min kernspiere
|
Rus
|
3
|
5km en 6x versnellings
|
Rus
|
6km met 3x 5min @ SI en 15min kernspiere
|
Rus
|
5km en 6x versnellings
|
8km laaste
15 min @ SI; 15min kernspiere
|
Rus
|
4
|
5km en 6x versnellings
|
Rus
|
6km met 2x 10min @ SI en 15min kernspiere
|
Rus
|
5km en 5x versnellings
|
10km@ SI; 15 min kernspiere
|
Rus
|
5
|
5km en 4x versnellings
|
Rus
|
5km en 15min kernspiere
|
Rus
|
3km rustig
|
3km en
3x versnellings
|
5km
|
Gevorderde Plan- verduidelikings:
Weeklikse
kilometers: behalwe waar anders vermeld, moet die
week se afstande moet teen aanvoeling van intensiteit (“perceived effort”) van 6 uit 10 gedoen word.
Versnellings: nadat draf voltooi is, draf hard/vinnig vir 20sekondes en herstel
met rustige draffie of stap van 45sekondes; herhaal soos aangedui.
Kernspiere(“core workout”): doen ‘n sessie met basiese oefeninge ter versterking
van kernspiere en hardloopvorm. “Runners World” het perfekte voorbeelde, video’s
en foto’s)
SI= Stewige Intensiteit: Intervalle teen SI behoort gedoen te word
teen eie aanvoeling van intensiteit van 7 of 8 uit 10. Doen 5min gemaklike draffies tussen SI
intervalle.
NS: Vir
meer inligting -Lees elders in Kafdraf blog oor “Passkatting-hoe hard of vinnig
moet ek oefen?”
Sterkte met die oefening.
Ek gee graag advies en gee asseblief terugvoer sodat ons die Kafdraf blog kan verbeter.
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
Goeie naand. Hoeveel km moet ek per week aflê, indien ek 'n 10 km wedloop met redelike gemak wil doen.
ReplyDeleteLizette, kyk asb na die 5 km program vir kompeterende hardlopers wat voldoende vir gemaklike 10km is. As jy 5 of 6 keer per week so 5-6 km hardloop, behoort jy gemaklik te voel in rustige 10 km wedloop. Maar alles hang mos af van eie situasie, doelwitte,agtergrond en taaiheid van wedloop, plat pad of berge en dale.
ReplyDelete