Saturday, 21 April 2018

Persoonlikheidsprofiele: Watter soort hardloper is ek of watter soort persoonlikheid het ek as hardloper?



Watter soort hardloper is ek of watter soort persoonlikheid het ek as hardloper, by die werk, tussen vriende, in groot groepe of as ek nuwe uitdagings/stress ervaar/?
Know your unique personal fingerprint - Grow your Life
“ANY LEADERSHIP PROBLEMS ARE DRIVEN BY LOW SELF-AWARENESS”

 Bill Hybels

Meeste van ons funksioneer nie net in een dominante persoonlikheidstyl nie, maar in 2 of 3 van die persoonlikheidstipes as sekondere tipes. Ons persoonlikheidstyl wissel soms met ander kombinasies of sekondere persoonlikheidstyl by werksplek, sosiale geleenthede en lewensuitkyk (bv. As onder druk of nuwe uitdagings).
Wat is jou dominante persoonlike styl of kombinasie van hierdie persoonlikheidstipes?
Is jy soos 'n Palmboom, Denneboom, Roosboom, Sierboom of kombinasie van 2 of 3.


Taak en feite fokus

Introverties
Herlaai op eie
Blou Melankolies-Perfeksie & orde:
Die Regte wyse
Veiligheid, ondersteuning, sensitiwiteit, spasie, stilte
Manipulasie met “moods” en stiltes
Rooi Choleries-
Mag & beheer:
My manier:-
Beheer visie, lojaliteit, erkenning, waardering
Manipuleer met kwaai en streng toon
Ekstroverties
Herlaai by mense
Groen Flegmaties-
Kalm & Harmonie
Die maklike manier
Harmonie, stressvry, respek, waarde
Manipuleer met sloer en koppigheid
Geel Sanguinies-
Pret & Kuier
Die prettige wyse:-
Aanvaarding, aandag, goedkeuring, emosie
Manipuleer met sjarme en vlytaal

Mense en emosies fokus



Wil jy meer leer van jouself en die mense met wie jy saam werk en leef?
Wil jy baie beter vaar in verhoudinge by die huis en werk?
Wil jy weet hoekom sekere werksituasies jou baie ongemaklik laat?
Is jy 'n ouer wat sukkel met 'n tiener of kind wat jou moedloos laat?
Kom vind uit wat is jou unieke ouerskapstyl of wat is jou styl as afrigter en onderwyser?

Skakel met my op Facebook vir meer inligting: Facebook

Stuur my ‘n epos en ek skakel jou met baie goeie wetenskaplike “Trots SA” persoonlike en leierskapsprofiel assessering.   Ek reel ‘n persoonlike rekenaarerslag met so 26 bladsye en konsultasie met geakkrediteerde konsultant vir bekostigbare fooi.

Sonnige Sannie, Kompeterende Kallie, Wetenskaplike Willie of Dierbare Drienie?

Persoonlikheidssielkunde of Sielkunde van die mens se persoonlikheid het oor die honderde jare baie ontwikkel.
Baie verskillende meetinstrumente is beskikbaar, maar daar word nog steeds hoofsaaklik op die model van 4 tipes persoonlikhede en hul kombinasies gefokus.
In Suid Afrika het ons die eerste plaaslike persoonlikheidsmeetinstrument, "TTLP", ontwikkel wat baie akkuraat vir ons mense is.
 U unieke persoonlikheidsverslag is omtrent is so 26 blaaie lank en bespreek die 3 dimensies van jou persoonlikheid, nl: sosiale profiel(Kommunikasie en emosies in verhoudinge), werksprofiel (optrede by die werk of taakbenadering), lewensuitkykprofiele(benadering tot lewe en onder druk) en totale profiel(samevatting van al die profiele).
E-pos my as u hierin belangstel en 'n professionele persoonlikheidsprofiel op 'n webblad ("online test") wil doen.

Hardlopers kan onderskei word en moet hul tipe persoonlikheid onderskei as hulle beter wil vorder of motivering wil behou. Byvoorbeeld: is ek die taakgerigte wetenskaplike gestruktureerde alleen hardloper, of taakgerigte kompeterende "moet-ten-alle-koste-wen" alleen hardloper, of die sosiale avontuurlike vet-pret hardloper wat graag kuier of stil teruggetrokke denkende rustige hardloper met 'n ander vriend. Is ek 'n taakgerigte of mensgerigte hardloper of introvertiese of ekstrovertiese hardloper of 'n kombinasie van die tipes persoonlikhede.
Ken jou persoonlikheid en leer wat werk vir jou of wat gaan jou frustreer en hoe om rondom jou voorkeure te beplan vir sukses.
Byvoorbeeld: my vrou is die baie sosiale en avontuurlike tipe wat graag met vriendinne oefen (nie draf nie) met baie gekuier buite in die natuur , maar ek is die taakgerigte, wetenskaplike en kompeterende tipe alleen hardloper wat amper elke wedloop as 'n kampioenskapbyeenkoms benader.

Hierdie persoonlikheidsprofiel verslag het my en duisende mense al baie gehelp in my benadering en sukses by die huis, vriendskappe, by die werk en hantering van uitdagings in die lewe.

E-pos my as u hierin belangstel en 'n professionele persoonlikheidsprofiel wil doen.

Kafdraf groete
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

No comments:

Post a Comment