Wednesday, 7 May 2014

Comrades Sewe Beginsels vir Oefening(opvolg2)

Sewe Beginsels  vir Comrades Oefening (opvolg 2):

Hiermee volg 'n paar eenvoudige reels om te onthou en veral die laaste maand wanneer die senuwees begin pla en hardlopers soms foute maak en dinge doen wat hulle benadeel.
Die wenke kan baie dom lyk, maar julle sal verbaas wees hoe maklik jy versoek gaan word om slimmer te wees as ervare advies vir beginners.

  1. As jy 'n oefensessie gemis het, moenie probeer inhaal en opmaak nie. vergeet dit en gaan aan.
  2. as die program se RUS, rus dan. Rus(Rus beteken niks draf of fisiese sport nie en is 'n baie belangrike onmisbare deel van die program!ernstig!
  3. Gedurende jou lang afstand sessies moet jy jouself an jou einddoel herinner: Comrades en spoed terughou. Moenie kompeteer tydens oefening nie.
  4. As jy 'n sub-12 ure hardloper is, moenie probeer oefen soos 'n sub-9 ure hardloper nie. jy sal jouself net beseer of siek maak. Hou by jou toepaslike plan en realistiese oefenspoed.
  5. Gedurende elke sessie of veral naweke as jy versoek word om ander goed te doen of onnodige wedlope te doen, moenie jou oefenplan onnodig opgee nie en herinner jouself aan jou einddoel: Comrades;
  6. Kry genoeg slaap. Die ekstra lang ure se oefen, vroeg opstaan en baie afstande sal dit vereis en jou liggaam beskerm.
  7. Aanvullende oefeninge soos weeklikse gimnasium sessies wat fokus op kragwerk vir die versterking en soepelheid van beenspiere ("quads en hamstrings") en maag/romp spiere se stabiliteit("core stability"). Elders in my blog Kafdraf is meer hieroor.
Kafdraf groete

Volg my Kafdraf blog vir beginner hardlopers en haastige lesers by www.benniesin.blogspot.com en word 'n "follower".

Hierdie artikel se inligting kom ook met erkenning  aan die e-pos brief met verwysing: http://comrades.runnersworld.co.za/seven-comrades-training-basics/ .



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 


No comments:

Post a Comment