Wednesday, 26 March 2014

Kinders Landloop seisoen en basiese wenke vir voorbereiding

Die laaste paar maande sien ek dat besoekers aan Kafdraf soek en kyk graag na inligting oor:
 oefenprogramme en wenke vir laerskoolkinders en tieners .

KINDERS onder 14 jaar oud moet die afrigter fokus om hardloopsessies met pret en spel aktiwiteite te kombineer. Kinders onder 14 jaar oud moet nie die veeleisende (soms vervelige) sessies soos in hierdie blog se harde oefen programme volg nie en spesiale kreatiewe aanpassings is nodig vir hul vlak van fisiese ontwikkeling en sielkundige gereedheid. Neem altyd die kind se ouderdom, ontwikkelingsfase, wedloopitem en individuele vermoe in ag.

Kortpad goeie nuus: Sien my nuwe Kafdraf artikel oor "Landloop oefenprogram vir Laerskool kinders 10-12jaar oud." 'n Lekker duidelike 10 weke program ook geskik vir lewenslistige kinders wat wil landlope doen of in somer gereed wil wees vir atletiek seisoen.
Lees ook die Winter landloop program vir hoerskool kinders en "Middelafstande sukseskriteria..."
waar ek meer tegniese en wetenskaplike verduidelikings het van ernstige voorbereiding.

Kinders en tieners wat op verskillende vlakke van fiksheid en omstandighede is , vereis dat 'n afrigter van dag-tot-dag persoonlike kontak het en tydige aanpassings maak.
Hiermee 'n bree riglyn vir die benadering vir fase April tot Julie na somer atletiek en voor landlope kampioenskappe:-
  • die provinsiale kampioenskappe is gewoontlik so Augustes en paar weke later die SA Kampioenskappe en die kinders wat kwalifiseer weet wat om nou in die finale weke voor die groot dag te doen;
  • na die somer atletiek kom lekker dae voor die winter wat beteken ons gaan in die landloop seisoen in en dis nou die tyd om bietjie rustiger te oefen (herstel fase van week of twee);
  • ons moet na ons fondamente kyk na atletiekseisoen se korter/vinniger programme en weer begin met sessies wat kyk na basiese stamina, lang afstande en spierkragwerk(bulte, plyometrics, trappe, ens) vir die landlope wat afstande dek van 4km, 6km, 8km, 10km en vir seniors die 12km.
  • so die sessies kan bietjie langer intervalle of tempo's (400m tot 1,6km), en weeklikse bulte sessies, tydtoetse en langer stadiger afstande oor naweke insluit;
  • hierdie fondasie fase dra by tot die bou van langtermyn fisiese kapasiteit teenoor die korttermyn voordele van spoeduithou sessies (wedloopfase en weke) oor afstande van so 400m en korter. (NB: selfs marathon atlete doen soms bv 16x 200m intervalle)
  • gebruik die landloopseisoen om die fondamente te bou vir die lente se baanvoorbereiding en somer se baanatletiek seisoen.

Vir kinders van so 10 tot 12 jaar wat nou begin hardloop, het ek nou die spesiale artikel "Landloop oefenprogram vir laerskool 10 tot 12 jaar" en stel ek voor om die Kafdraf artikels "Winterprogram vir landlope en middelafstande" en "Gehalte en spoedsessies" met 12 -weke "Somer oefen program vir" hoerskole ook te lees.
Vir beginners is dit belangrik om dit korter en makliker te maak en hoogstens 2 harde sessies per week(fokus op pret en spel wat kreatiwiteit vereis) te doen met dae van volkome rus en ander sport.
Kinders wat tans begin, kan die program vir beginner hardlopers vir die 5km program in Kafdraf volg, maar maak dit bietjie korter, interessant en gee soms meer rus as hulle kla. As hul regtig sukkel as gevolg van min draf fiksheid, kan die program "Van stapper tot hardloper" eers probeer word vanaf 2de of 3de week van die oorskakel program met draf en stap afwisseling.

Sterkte met die oefening en onthou om dit te geniet met aangename pret "fun and games" vir kinders onder 14jaar oud.

Kafdraf groete
NS: ek het in 2014 29 Mrt 21km OP Kampioenskappe met my 10 spesiale hardlopers gedoen wat hul 1ste 21km half-marathon was.
Resultate: 8 van my 10 verstandelike gestremde atlete het die 21km half-marathon begin (7 se 1ste 21km) en al 8 het binne die afsny tyd klaargemaak. Die beste tyd was 1h48min(26jr oud) en 1h52min(49 jr oud).

Volg my Kafdraf blog vir beginner hardlopers en haastige lesers by www.benniesin.blogspot.com en word 'n "follower".
Ondersteun asseblief ons huis vir gestremdes met donasies soos hierbo op Kafdraf met meer inligting..


Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.

NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Kafdraf Groete
Bennie

3 comments:

  1. Goeiedag Bennie

    Ek wil graag by die laerskool met landloopoefeninge begin. Die laerskool beskik tans nie met landloop as n sport nie. Enige program wat jy het wat ek kan volg asseblief?

    Baie dankie

    Liezel

    ReplyDelete
  2. Jy het besonders baie goeie inligting oor atletiek.
    Ek wil my kleinkinders afrig om landloop en gewone atletiek lang afstande te doen.
    Het jy dalk iets om te help met basiese afrigting van laerskool kinders onder 14 jaar asseblief

    ReplyDelete
  3. Ons soek ook asb n landloop program vir die laerskool. Van onder 7 tot onder 13.

    ReplyDelete