Monday, 28 October 2013

Spoedwerk of gehalte hardloop oefensessies vir fikser hardlopers wat beter wil presteer

Spoedwerk sessies of gehalte hardloop oefenprogramme

vir fikser hardlopers wat beter wil presteer:
 (vir 1500m tot 42km wedlope of selfs ultra marathon atlete ):
Hoe kan ek vinniger tye hardloop en beter persoonlike beste rekords verbeter of makliker wedlope voltooi en sterker voel?



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Hierdie artikel is nou baie meer in aanvraag en gevolglik gaan ek meer oefen sessies hieronder in toekoms by werk.  So hierdie artikel is meer volledig sedert die aanvanklike plasing en het meer voorbeelde van moontlike oefensessies. Voorbeeld van wat ek gaan plaas is: wat top internasionale atlete oefen om hulself 100% in rooisone te hammer("go big or go home"): "killer sessions elite athletes do"

Teikengroep:
NB: Hierdie artikel is vir fikser en meer ervare hardlopers  wat reeds die eerste maande of jaar se fisiese aanpassing geslaag het, nou vinniger wil vorder in wedlope.   Nuwe vlakke van intensiteit van sessies is nou nodig indien jy wil vorder en wel fisies gereed is.


Vlak van gereedheid hiervoor?
As jy reeds die gevorderde 5km, 10km of  gevorderde 21km oefenprogram (met goeie intense "spoed" of gehalte sessies) vir fikser hardlopers suksesvol gedoen het, is jy gereed vir die volgende vlak.

Waarskuwing: (Wees versigtig, hou by veilige beginsels en lees ander Kafdraf artikels ook)
Hierdie sessies se intensiteit van hardloop kan nou jou onderliggende fisies  swakhede uitwys en tot hardloop beserings lei as te veel te gou en sonder voldoende rus tussen-in gedoen word. !!!
Begin hierdie sessies versigtig en net een per week aanvanklik en na maande en jare kan gevorderde hardlopers tot 3 harde sessies per week bemeester as daar voldoende, goeie rus dae ingebou word. Hard weke moet so elke 2 tot 3 weke met ligter weke afgewissel word. Indien jy tekens van beserings ontwikkel, lees die artikel oor beserings in Kafdraf of gaan spreek 'n sport mediese praktisyn voor dit te laat is.

Tegniese taal van hardlopers/"jargon of runners":


  • Oefenprogram: spesifieke daaglikse sessies wat wissel volgens die tipe wedloop en doelwitte wat oor paar weke tot so 16 weke vir 'n marathon of 6 maande vir die Comrades Ultra marathon kan strek.
  • Sessie: een dag se beplande oefening wat insluit opwarming, dinamiese strek oefeninge, hoof aktiwiteit en afkoel met strek van spiere agterna. Daar kan selfs soms twee sessies per dag gedoen word by meer ervare atlete ("double up") soos vroegoggend en laat middag. bv. vir marathon atlete: doen sessie van net 8km teen rustige pas in oggende. Doen 7 x 800m's en 4x 400m's teen 10km wedloopspoed in laat middag .
  • Stel/"sets": groep van oefeninge van dieselfde of opeenvolgende verskillende aktiwiteite, bv: 4x (4x 400m's) is een van 4 x400m stel wat vier keer herhaal moet word, maar begin stel nr.1 teen marathon wedloopspoed, stel nr2 teen halfmarathon wedloopspoed, stel nr.3 teen 10km wedloopspoed en stel nr4 teen 5km wedloopspoed.
  • Herhalings/Repitisies/"repetitions": doen die 800m's sewe keer en doen die 400m's vier keer
  • Wedloopspoed: gaan lees belangrike volledige artikel in Kafdraf oor "Passkatting en wedloopspoed of pas." Dit is belangrik om jou huidige beste wedloopspoed oor 1000m, 5km en 10km te ken as jy ernstig is oor korrekte voorbereiding volgens toepaslike oefeningspoed vir jou beplande wedloopafstand.
  • Oefenspoed of intensiteit: die spoed of intensiteit wat geoefen word, is baie belangrik en sal toepaslike wees vir die afstand, fase in die spesifieke maande se oefenprogram en vir watter wedloopafstand geoefen word. Die spoed is gewoonlik in verhouding tot die atleet se onlangse of verwagte wedloopspoed. Intensiteit kan bepaal word deur die atleet se persepsie van hoe hard in verhouding tot sy wedloopspoed/persoonlike beste(2 uit 5 of 4 uit 5) of watter persentasie van maksimum hartklop per minuut of hartklop-sones(sones  bv. 60% of 70-80% of 80-90% van maksimum hartklop per minuut vir spesifieke ouderdom)


Hoeveel van die harde intense sessies per week?


a.Beginners wat basiese 5km/10km/21km oefenprogramme(geen "spoed"/gehalte sessies voorheen) gedoen het: begin met 1 sessie en bou op na 2 per week;
b.Meer ervare hardlopers wat reeds die gevorderde 5km/10km of  gevorderde 21km programme in Kafdraf gedoen het: kan begin met 2 en opbou tot maksimum 3 harde sessies per week, maar nie te veel herhalings/repitisies of stelle/afstand in een sessie nie;
c.Kompeterende ervare hardlopers: wat reeds vlak (b) bemeester het, kan soms tot 4 sessies in harde weke doen afgewissel met ligter herstel weke.






Voordele en moontlike resultate:
Hierna gaan 'n eenvoudige opsomming van die bekendste en beste "spoedwerksessies" volg wat sal help om:
  • jou gemiddelde wedloopspoed per km te verbeter;
  • vir langer jou verlangde wedlooppas te kan volhou en aanhou;
  • makliker en sterker bulte te oorwin; 
  • vinniger wedloop beste persoonlike tye beloof en
  • enige wedloop van 800m  of middelafstande tot die marathon 42km makliker sal laat voel.
  • skool atlete van 13jr  en ouer kan ook hierdie beginsels volg , maar moet verkieslik minder wees vir junior atlete jonger as 18 jaar as vir volwasse langafstand atlete.

 

Tipes of kategoriee gehalte oefensessies:

Die tipe oefensessies sluit onder andere in:(hierdie indeling is oor vereenvoudig en die term "spoedwerk" is die leke woord vir gehalte harde sessies meer as net gemaklike draf)
  1. bulte sessies(geheime spoedwerk);
  2. lang intervalle spoedsessies;
  3. korter intervalle spoedsessies;
  4. tempo sessies;
  5. tydtoetse
  6. kombinasie-sessies
  7. Aanvullende oefeninge vir ernstige of ouer atlete behoort ook in te sluit: plyometriese("plyometric") krag-oefeninge, stabiliseringsoefeninge("core exercises"), algemene spierkrag rondte oefeninge(skouers tot bene), strekoefeninge as nodig is(pasop-doen dit reg) en balanseringsoefeninge (vir middelafstande tot berghardlopers"trail runners"). Sien die Kafdraf artikel "Gebalanseerde weekprogram" vir oor hierdie Aanvullende sessies.
  8. Wedloop nabootsing sessies("race simulation")
Hierna gaan slegs vinnige opsommende inligting volg. Vir hoogs kompeterende atlete is dit nodig om die toepaslike sessies reg te kies volgens die wedloop toestande, vlak van fiksheid, fase in die voorbereiding, stadium in wedloopseisoen en tyd wat oor is voor die beplande wedloop.


Om seker te maak jy volg die korrekte tipe sessies volgens jou unieke situasie en behoeftes, moet daar na spesifieke program gesoek word soos ook in Kafdraf elders reeds is.





1. Bulte sessies("geheime spoed sessies":

Vinnige hardloop van 3 tot 12 versnellings oor afstande van 50m tot 1000m (20sekondes tot 5min) teen geleidelikke tot steil bult, brug, heuwel, wal ens. op veilige padoppervlakte.
Vir middelafstand atlete in 800m tot 3000m sal die afstande waarskynlik korter wees en vir ultra marathon hardlopers soms  1km tot 3km lank.
Rusperiodes is gewoonlik 'n stadige terug draf na die beginpunt van die bult of selfs terug stap vir beginners.



2. Lang intervalsessies:

Hierdie sessies is seker die belangrikste tipe oefening onmisbaar vir alle kompeterende atlete in verskeie sportsoorte en ook hardloop. "Lank" is relatief tot die teiken wedloop, bv. 1km is lank of dalk 'n tempo sessie vir vir 'n 1500m atleet, maar kort vir die kort vir die marathon atleet wat tempo sessies oor 8km en verder doen.
Vinnige hardloop teen 'n pas wat gewoonlik bietjie vinniger is as verwagte beste wedloopspoed en kan oor afstande van 800m, 1000m, 1200m, 1600m en selfs 2km gedoen word. Die sessies word gedoen vir wedlope van 3000m tot ultra marathonne. Algemene wenk: Hoe langer die wedloop, hoe langer die interval-afstande, hoe meer repitisies, hoe minder die rus. Die repitisies kan wissel van 3 tot 20 repitisies of meer(herhalings) en hang weereens af van die hardloper se doelwitte, fiksheid, seisoen, ens.
'n Tipiese sessies vir 10km tot ultra marathon hardloper is bv. Yasso-800's.
Vir voorbereiding vir die10 km tot 42km marathon wedloop sal hardlopers 3 tot 10 herhalings van 800m of 1000m doen en elite atlete selfs meer. Byvoorbeeld:  21km of 42km marathon hardlopers sal soms 3x5km of 4x4 of 4x3km doen. Rusperiode is byvoorbeeld so lank soos die helfte (vroeg in seisoen vir basiese stamina en spier-uithouvermoe) van die tydsduur van die  hardoopgedeelte of vinniger, maar dieselfde tydsduur se rus(deeglike rus) en langer rus(nader aan wedloopdag vir spoed-uithouvermoe). Ek het voor my een marathon 'n 4x5km sessie teen half-marathon pas gedoen.
Die korrekte rusperiode is baie belangrik en bepaal die effektiwiteit van die sessie en sal verskil van die stadium in die program.



3. Kort intervalle "spoed"sessies:


Hierdie sessies is seker die belangrikste tipe oefening onmisbaar vir alle kompeterende atlete in verskeie sportsoorte en ook hardloop. "Kort" is weereens relatief tot die teikenwedloop
Werklike "spoed" sessies word beskou as baie kort afstande se herhaling van harde versnelling oor afstande minder as 80m of 60m met deeglike lang rusperiodes soos wat programme vir 100m tot 400m atlete gereeld doen.

Vinnige hardloop teen 'n pas wat gewoonlik heelwat vinniger is as verwagte beste wedloopspoed en kan oor afstande van 100m, 200m, 300m, 400m en selfs 500m gedoen word en ook in kombinasie van verskillende afstande gedoen word. Die sessies word gedoen veral vir wedlope van 800m tot 21km halfmarathon , maar ook soms in mindere mate en spesifieke stadium vir die 42km marathonne tot selfs ultra marathon van meer as 50km.
Algemene wenk: Hoe langer die wedloop, hoe langer die interval-afstande, hoe meer repitisies, hoe minder die rus. Die repitisies kan wissel van 3 tot 16 repitisies(herhalings) en hang weereens af van die hardloper se doelwitte, fiksheid, seisoen, ens.

'n Tipiese sessies vir 10km tot marathon hardloper is bv. 12 x 400m's, 16 x 200m of kombinasies soos 7x 400m/200m of 500m/100m, ens.
Die korrekte rusperiode is baie belangrik en bepaal die effektiwiteit van die sessie en hang af van o.a. die stadium in die program. Korter rus periodes met stadiger spoed is meer vir basiese stamina in opbou fase terwyl langer rusperiodes tussen baie vinnige intervalle of tempo's nader aan wedlope gedoen word vir spoeduithouvermoe.
Tipiese sessies vir 1500m atlete in die opbou stadium vir basiese stamina kan insluit:
1x per week bv Donderdag:
10 tot 20 keer 200m met draf rus van 1min (begin van seisoen 20 , later 10 vinniger) of
8 tot 12 keer 400m met 1 tot 2min se rus(nader aan wedlope);
 1x per week bv. Maandag in fase naby aan wedloopmaand vir spoeduithou:
5x 100m @100% loop stadig terug rus dan 5min na stel
5x150m @100% loop stadig terug rus dan 5min na stel;
5x 200m @ 100% loop stadig terug na elke herhaling.

2x 300m, 2x 200m 2x 150m teen 90% spoed;
4x 400m met 100% met 5-8 min rus;
 1x per week bv. Saterdag:
1000m 2min rus/ 800m 2min rus/ 600m of
 800m/600m/400m met 3-5min min rus tussen elk

Aangesien hierdie sessies van die belangrikste oefening vir middelafstande is, is die korrekte spoed en rus in die regte stadium baie belangrik. Die laaste 3 weke voor 'n wedloop sal die intensiteit of spoed vinniger word, die rus soms meer om goeie gehalte oefening te kry en volumes of totale afstand per dag minder.
Lang uitputtende oefensessies sal in die laaste week of twee voor belangrike wedlope vermy word.
Soms is 'n sessies of twee voor 'n wedloop nodig soos, bv. "Race simulation par.8" op verdeling van 800m of 1500m in 2 of drie afstande (500m+300m of 4x400m of 1000m +500m), is weer nodig ter nabootsing van die werklike spoed tydens wedloop toestande en baie min rus en min herstel toegelaat word.



4. Tempo sessies:


Hierdie tipe oefensessie is baie gewild onder langafstand hardlopers in die 15km tot ultra marathonne omdat die liggaam geleer word om 'n verwagte wedloopspoed vir langer te kan uithou.
Vir die 42km marathon hardloper is tipiese sessies aanvanklik 7-11 km lank(naby aan 10km wedlooppas) en later 14 tot 18km lank(so 10sek /km vinniger as marathon wedlooppas of gelyk aan jou beste 21km wedlooppas. )
Die tipiese 9km tempo sessie het omtrent 2km se opwarming en 2km se afkoel fase wat gemaklik gedraf word. Die Middelste fase is 'n geleidelikke opbou en versnelling tot vinniger as verwagte wedloopspoed en word dan volgehou vir 5km teen naby aan beste 10km wedlooppas. Tempo sessies is eintlik verlengde intervalspoedsessies(kan ook paar lang intervalle wees) en gevolglik doen 42km en Ultra marathon atlete graag 10km tot 21km wedlope as deel van 'n opbou beplande wedlope.



5. Tydtoetse:


Tydtoetse van 5km tot 8km is 'n belangrike deel van 5km, 10km en marathon atlete se voorbereiding.
Hierdie sessie is 'n rustige nabootsing van wedlope en dus nie 'n harde wedloop nie en behoort tot so ongeveer 80% inspanning gedoen word, maar nooit 100% inspanning nie. Tydtoetste wat deur hardloop klubs weekliks gehou word, bv Nedbank hardloop klubs(in meeste groot dorpe of stede), kan ook vir tempo sessie gebruik word.


6. Kombinasie sessies:


Die hardloper se liggaam moet gereeld met nuwe uitdagings en stimuli (aldus Steve Magnus) gekonfronteer word om voortdurende groei en ontwikkeling potensiaal te verseker. Na jare se herhalende oefensessies kan die liggaam goed reageer op kombinasie sessies of nuwe stimulasie veral vir hardlopers wat plato sonder vordering ervaar en veterane atlete. Kombinasie sessies is baie gewild by sommige elite atlete en hierna volg voorbeelde:
a) Kombineer sessie  nr.  2(lang intervalle) met sessie nr.3(kort intervalle)
Bv: 400mrus 1min en dan 200m rus van 2min en herhaal dit 3 keer vir middelafstand atlete of  8 keer vir 10km tot 21km hardlopers.
b) Kombineer sessie nr. 1(bulte) met sessies 2 en 3 of selfs na sessie nr.4(tempo sessie), maar verminder die tipe sessies wat gekomibneer word.
Bv: hardloop 'n roete met baie bulte/opdraendes en doen die bulte hard met die uitgaan(so 3 bulte van 200m tot 500m), doen dan so 2x 1000m intervalle of kort tempo sessie daarna en met die terug hardloop kan die bulte weer hard gedoen word.


7. Plyometriese spierkrag sessies:

(Waarskuwing: hierdie sessies is nie vir beginners nie en moet verkieslik aanvanklik met afrigters gedoen word)
Hierdie is baie belangrike sessies vir kompeterende hardlopers van kortafstande tot langer afstande en veterane wat begin spierkrag verloor.
Tipiese sessies is: spronge(een been of twee-been spronge), trappe hardloop of 2-been spring/hop, tou-spring, vinnige voete("fast feet"), "bounding", "kareoke", "butt kick", "high knees".
MAAR, dit klink heeltemal te tegnies vir Kafdraf hardlopers so begin met tou-spring en trappe hardloop en lees verkieslik eers meer in ander volledige sport wetenskaplike artikels.

8. Wedloop nabootsing sessies("Race simulation")

Hierdie sessies sluit in spesifieke intense sessies so paar keer in die laaste weke voor 'n wedloop. Vir middel-afstande se voorbeelde:
Soms is 'n sessies of twee voor 'n wedloop nodig soos, bv. "Race simulation par.8" op verdeling van 800m of 1500m in 2 of drie afstande (500m+300m of 4x400m of 1000m +500m), is weer nodig ter nabootsing van die werklike spoed tydens wedloop toestande en baie min rus en min herstel toegelaat word.
Vir die half marathon(21km bv. 15-18km) of volle marathon(42km bv. 20-24km) kan dit insluit 2 of 3 dae/sessies oor 70% van die afstand wat teen wedloopspoed gehardloop word met paar km se versnelling vinniger as wedlooppas aan die einde.
Vir wedlope oor 10-15km kan die sessie onder Tydtoetse (8-12km onderskeidelik)goeie nabootsing van wedloop toestande wees.
Wedlooptoestande: as jy wedloopnabootsing doen, probeer die roete en tipe uitdagings dieselfde kry, bv. in wind, in koue of onaangename humiditeit , oor bulte, vir veldwedlope "trail running" oor soorgelyke sand, klip, gras en tipe toestande wat baie naby aan die wedloop of verkieslik op dieselfde wedlooproete gedoen word.
NB: Veral vir marathon en ultra atlete> moenie kompeteer in oefening nie, maar hou jou beste vir die wedloop dag!!!
My beste 42km marathon(slegs 5 voriges) in tyd 2h52min op ouderdom 50jaar was na gereelde lang sessies en wedloop nabootsing oor afstande 21-32km. Dit was gedoen op die beplande marathon kampioenskappe se roete en in sterk winde, reen en alleen sonder ondersteuning en energie drank. Gevolglik sal 'n beter en makliker wedloop toestande as tydens voorbereiding die hele wedloop makliker laat voel en jou positief maak.


VOORBEELD VAN OEFENPROGRAMME in Kafdraf

(waar bg tipe sessies genoem word):

1.Marathon oefenprogram:
Vir 42km marathon atlete wat sukkel met beserings, siektes of te min tyd het om goed voor te berei, kan ek die "FIRST 3-day per week" van 'n sport instituut aanbeveel. Hierdie is 'n wetenskaplike oefenprogram vir gevorderde hardlopers wat genoeg ervaring of 'n afrigter het.
 Lees my Kafdraf artikel "FIRST" 3 dae per week marathon program of Google die sleutelwoorde en 'n nuwe suksessvolle, beproefde oefenprogram sal onder die naam "FIRST" marathon program opkom.

Hierdie marathon voorbereiding  vereis slegs 3 hardloopsessies en 2 alternatiewe("cross training") oefensessies per week sluit in: vinnige interval sessies van 400m tot 1600m, weeklikse tempo sessies oor afstande van 8 tot 18 km en langafstand sessies(NB: kan gevaarlik wees) van 20 tot 32km wat teen amper verwagte marathon wedlooppas(so 10 tot 20 sekondes stadiger) gedoen word.
Ek het hierdie program die laaste 6 weke voor my 42km marathon gevolg en ook my PB(2h52m) met 7 minute op oudedom 50jr in Des 2013 verbeter. Probeer dit, maar onthou die wette vir veilige langafstand hardloop.

2.Middelafstande somerprogram en Winterprogram vir landlope en middelafstand atlete:
( wat vir provinsiale en nasionale kampioenskappe voorberei word), kan gelees word in Kafdraf artikel: "Middelafstande Somerprogram of Winterprogram vir landlope en middelafstand atlete op hoerskool."

3. 5km,10km en 21km oefenprogramme:
Meer inligting en voorbeelde van sessies sal later gegee word, maar die wat meer wil weet kan solank na die ander oefenprogramme in hierdie Kafdraf blog se artikels onder 5km, 21km en 42km oefenprogram soek of vir dr.Google meer daaroor vra.

Kort wenke van wereld bekende afrigter ook op Science of Running-webblad:
"maak nie saak of jy die sessies presies reg(wie is reg? wie se model?) doen of watter kombinasies nie, want die liggaam reageer en verbeter op enige nuwe stimuli of fisiese oefening SOLANK jy net aanhou om jou liggaam te verras en nuwe of harder oefening as gewone roetine,.." bv: gaan hardloop verder, gaan harder, gaan vinniger, gaan korter, gaan hard op, gaan hard af, gaan meer gereeld, gaan harder, rus korter of langer tussen spoed-intervalle, gaan 2 keer per dag, gaan na die veld of sand, Maar speel met al die opsies wat jou laat sweet EN rus na harde sessies of 3. EN Luister na jou liggaam as jy nie goeie afrigter het nie.

Oefen gereeld, rus gereeld, eet reg, moenie stress en doen dit met pret en met ander hardlopers wat jou aanspoor.
Kafdraf -groete



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Saturday, 19 October 2013

Hoekom kry ek soms spierpyn of seer spiere na hardloop?

Hoekom kry ek soms spierpyn of seer spiere na hardloop?

Hierdie vraag is veral by beginner hardlopers of wanneer daar soms nuwe oefeninge gedoen word.



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Skakel eers alle ander ernstiger oorsake uit soos geskeurde spiere, verrekte ligamente, been of gewrig beserings en ander ernstiger mediese probleme en sien eerde 'n fisioterapeut of sportsdokter as jy twyfel.

Indien daar geen ander ernstiger oorsake is nie en die spier pyne is gewoonlik na hardloop oefensessies of harde wedloop dan is die oorsaak gewoonlik eenvoudig. Onthou dat langdurige pyn of seerspier wat nie herstel nie is jou liggaam se alarm wat aandag en dalk mediese diagnose vereis!

Verskynsel is algemeen: Gewone  marathon of ultra marathon hardlopers is gewoont aan spier- en ligament pyne en "seer bene" vir so maksimum 2 of 3 dae na 'n ongewone harde of langafstand wedloop. Die seer bo-been spiere na skerp steiltes of bulte se af  hardloop is normaal, maar moet dan weer verdwyn. Dit is heel normaal AS geen ander mediese probleme of spesifieke spier of ligament of gewrig se besering nie aanwesig is nie.

Die verskynsel van "seer spiere" na harde oefening of wedloop of eerste drafsessie na lang onaktiewe periode word ook genoem " DOMS= delayed onset of muscle soreness" (soos beskryf in artikel van Runner's World).
 So hoekom DOMS?  Hoekom ervaar relatief fikse of aktiewe hardlopers na ongewone oefensessie of wedloop die "DOMS"?
Veral bulte se af hardloop veroorsaak dit. Die spiere wat normaalweg nie gestimuleer word nie is waarskynlik vir die eerste keer in baie maande verder gedruk en meer vereis as waaraan die spiere tydens oefensessies gewoont en by aangepas het. DOMS word veral na hardloop van harde en steil bulte af ervaar omdat dit 'n ongewone "teenstrydige spieraksie" van versnel-rem gelyktydig is.

Voorkoming: So hoe kan 'n hardloper die verdomde "DOMS" voorkom?

Die spiere en ligamente moet met spesifieke oefensessies sistematies opgebou word en sal dan net na ongewone harde wedlope verskyn en vir dag of 2 ervaar word. Maar behalwe na Comrades verdwyn die pyne na so 4 dae en daarna is dit vae ligament teerheid en spiermoegheid wat herstel oor paar maande vereis. Veral die bo-been spiere sal seer wees na harde wedloop teen afdraende of bult af wat ongewone versnel-rem-aksie van spiere vereis. Die versterking van die bo-beenspiere word ook deur Comrades-wenners aanbeveel veral met die wedloop af teen groot heuwels na Durban wat baie baie seer beenspiere beloof.
Die antwoord kan wees soos deur erkende afrigters aanbeveel?
  1. doen meer gehalte sessies wat daardie spiergroepe stimuleer en moenie te lank voor wedloop jou oefninge se intensiteit te veel verminder nie(bv. 10 dae voor Comrades of  so 4 tot 5 dae voor kort vinnige wedlope van 5km tot 21km.
  2. doen meer bulte spoedsessies met versnellings van 80m(korter wedlope) tot 400m(vir marathonne selfs langer);
  3. hardloop af teen bulte so 1x elke 2 weke voor harde wedlope met baie afdraendes soos Two Oceans, Trail Runs/bergwedlope en enige wedloop wat gaan vereis dat jy vinnig teen 'n bult af moet hardloop. Selfs een harde sessie begin al die spiere se voorbereiding en aanpassingsproses vir bulte se af hardloop. Hoe? Hardloop teen jou verwagte wedloop spoed vir 500m tot 1km so 3 keer hard teen die bult af. Jou spiere sal en moet daarna bietjie seer wees, maar daarmee het die "immunisasie" van spiere begin.
 Ek hoop die "immunisasie" program voorkom onnodige spierpyne as gevolg van te lae intensiteitsvlakke of te min spesifieke sessies vir toepaslike wedloop voorbereiding.

Geniet die seer spiere na harde wedlope, want dit wys jy leef, jou liggaam werk, sal aanpas en volgende keer gaan dit makliker.

Kafdraf groete




Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 


Friday, 18 October 2013

COMRADES 89km Ultra Marathon oefenprogram vir beginners

COMRADES 89km Ultra Marathon oefenprogram vir beginners.

Baie geluk almal wat die Comrades ultra marathon vir die 1ste keer of weer gedoen het. 


Lees ook ander artikels op Kafdraf: Comrades 7 beginsels vir oefen en sukses, wenke vir die laaste maand, finale voorbereidings, kontrolelyste, laaste week onthoulys.


Hieronder is voorbeeld van program in Maart tot April vir Comrades "Down" as die wedloop op 1 Junie is. Lees ook die ander artikel "Senuwee Monster maande" oor die laaste weke se senuwee-spoke.  Lees die aparte artikel "Comrades oefenprogram vir Mei" op 1 Mei geplaas.




Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 


Neem kennis: hierdie Kafdraf artikel oor die Comrades 89km Ultra Marathon is heeltemal onvoldoende inligting vir beginners en onervare marathon hardlopers om veilig sonder risiko alleen te volg. Hierdie Kafdraf artikels sal help-as u alleen in woestyn of die Tangkwa Karoo of die Knersvlakte of Moodenaars Karoo woon, maar dan moet jy al die Kafdraf artikels, wette, reels vir langafstand oefen ook lees.  Kry verkieslik 'n boek van bv. Tim Noakes en ander Ultra marathon afrigters...om veilig, alleen die Comrades Ultra Marathon van begin tot einde te bemeester as beginner as jy te ver van dorpe en hardloopgroepe woon. Dit is moontlik as jy genoeg goeie artikels en boeke lees. Ek het my eerste Comrades op 46jaar alleen geoefen en alleen die wedloop klaar gemaak as onervare marathon hardloper.




Waarskuwing vir onervare hardlopers en as jy min ervaring van marathon oefeprogramme het:
Ultra marathonne van 50km en meer se voorbereiding vereis respek en kundige advies om beserings en teleurstelling te voorkom.
So, skakel eerder in by 'n ervare groep in 'n marathon atletiekklub of maak seker jy lees deeglik wat hierna volg en lees meer in die boeke en bronne wat aangehaal word.

Voorbereiding vir die Comrades 89km marathon vir beginners kan al in November maand begin, maar vir ervare marathon hardlopers begin Comrades-voorbereiding eers werklik in Januarie elke jaar(aldus Bruce Fordyce)

Kafdaf, hierdie blog, sal ter wille van Afrikaanse lesers wel 'n Comrades 89km marathon oefenprogram later publiseer.

Lesers word aanbeveel:
  •  as jy geen vorige marathonne tot 42km gehardloop het nie: Lees die blog in Kafdraf  "Wette en wenke vir langafstand hardloop";
  • volg en begin hierdie Kafdraf-blog se "42km Marathon oefenprogram vir beginners" so teen September maand die jaar voor die beplande Comrades deelname-onthou die inskrywings sluit al hier rondom September elke jaar;
  • kry 'n volledige en realistiese Comrades 89km ultra marathon program op Runner's World" se webblad van die amptelike afrigter L.Parry en maak seker jy verstaan en volg die instruksies;
  • soek na die "official Comrades Marathon training program" en as jy 'n beginner is, volg die program vir sub-11ure of sub-12ure se klaarmaak vanaf Nov of Des soos op Runner's World se webblad beskikbaar is; (Vir die Comrades Novice Training Programme volg die skakel: www.runnersworld.co.za/comrades 
Ek en ander marathon hardlopers moes op die harde manier leer en ook sien hoe onervare marathon hardlopers met groot teleurstelling nie by die wedloop opdaag nie of baie swaar kry en/of nie klaarmaak nie omdat die basiese wenke gebore uit ervaring, nie gerespekteer is nie.

Byvoorbeeld: as jy 'n onervare 42km marathon-hardloper is en 'n persoonlike beste tyd van sub-3ure reeds het, beteken dit nie jy kan met jou 1ste Comrades sommer teen 'n 5min/km spoed vir, 'n silwer medalje van sub-7h30minute, wegspring en dink dit behoort maklik te wees nie.
Nee, 'die Comrades 89km ultra marathon en veral jou 1ste ultra marthon(50km plus) is in 'n heel ander liga en kategorie van uithou sport en vereis groot respek.
Soos Bruce Fordyce soms sĂȘ: as jy nie 'n vrees vir die Comrades het nie en nie sleg slaap die tyd voor die wedloop nie, dan is jy in vir 'n groot verrassing, want vrees sorg dat jy rustig en met realistiese spoed wegspring en wel kan klaarmaak. Jongmanne en oor entoesiastiese brawe hardlopers met te veel self-vertroue, moes hard leer en daarna was hul meer gereed vir die werklike eise van die 89km wedloop.



'n Realistiese Comrades 89km Plan: Beginner-tot-Brons Medalje:

Fase1: Stapper-tot-Hardloper Oefenprogram vir beginner hardlopers (sien Kafdraf blog se program)
Fase2: 5km oefenprogram wedloop in 5 weke of die gevorderde 5km(vinnige) program, ook goed vir 10km
Fase3: 21km oefenprogram vir beginners hardlopers of die gevorderde program
Fase4: 42km marathon oefenprogram vir beginners of gevorderde program
Fase5: 89km Comrades oefenprogram begin in Nov of op die laatste Januarie elke jaar. (Kafdraf het hier 'n Beginner Comrades drafprogram vir Maart en April en dalk meer later.)

Neem kennis:
Jou huidige fiksheids Profiel as beginner voornemende of onervare hardloper in Comrades, bepaal op watter vlak op fase1-5 vir jou toepaslik en realisties is:
As jy net soms bietjie 'n draffie het, of net stap, dalk heelwat oorgewig is, nie 'n natuurlike talentvolle hardloper is nie en "nie Ryan Sands se tweeling broer is nie", volg dan hierdie fases 1 tot 5 volgens jou eie vordering en vermoe:-
 Hierna volg 'n lys van oefenprogramme wat reeds op hierdie Kafdraf-blog is. Begin hiermee verkieslik 2 jaar(stappers en ongereelde hardlopers) of minstens 1 jaar(gereelde hardlopers) voor die Comrades.
As jy reeds soms 10km of 21km wedlope doen, soos ek voor my eerste Comrades, kan jy by Fase 4 in September of Oktober begin voor die Comrades wedloop die volgende jaar (so 9 maande voor Comrades).

Voorbeeld van oefenprogramme vanaf Januarie elke jaar:

Januarie en Februarie: sal later geplaas word.

Maart vir Brons medalje (sub 11ure) en so 3 maande voor Comrades wedloop: 
(Slegs vir gereelde hardlopers wat 'n 21km in 2h30 en 42km in 4ure 30min kan voltooi) Hierdie program is geskik vir hardlopers wat die bogenoemde opbou en fases 1 tot 4 bemeester het. MAAR: besoek die Comrades webblad vir volledige amptelike program en ander baie belangrike wenke wat te veel vir hierdie "kort-pad" blog is.

Comrades Oefenprogram Maart 2014


NB: Besoek die Comrades en Runner's World se webblaaie vir volledige programme en professionele advies.
Maandag:
Rus
Dinsdag:
15 min maklik, 5-8 x 2 min bulte herhalings met stadige draf terug, afkoel met 15min gemaklike draf.
Woensdag:
rus 
Donderdag:
1uur 20 minute se stadige gemaklike draf(1x pm 20min stadige opwarm, 5km tydtoets, 20min afkoel)
Vrydag
rus
Saterdag:
1h30-2ure se stadige draf(stadig beteken gemaklik en kan gesels met virend terwyl julle draf)
Sondag:
2h30 - 3ure se stadige draf.


Comrades Marathon Monster Maande
Program April 2014 (Erkenning aan: Lindsey Parry)
Datum
Ma.
Dinsdag
Wo.
Donderdag
Vrydag
Saterdag
Sondag
1 /4
Rus
Rus as Sondag ‘n 5ure marathon gedoen is
30 min rustig
rus
45min rustig
1h rustig
7/4
rus
15min rustig;
5x 2min bulte;
15min rustig
rus
1h20 rustig
rus
1h30 rustig
2h30 rustig
14/4
rus
15min rustig;
6x 2min bulte;
15min rustig
rus
1h20 rustig
rus
1h30 rustig
3ure rustig
21/4
rus
15min rustig;
7x 2min bulte;
15min rustig
rus
1h20 rustig
rus
1h rustig
50-55km lang stadige of rus
28/4
rus
30min rustig
rus
45 rustig
Stap 1min as nodig, maar ten minste 1min se stap elke 5km of 35min, want dit is die strategie wat op Comrades dag gevolg moet word. Vinniger hardlopers stap ten minste 1min elke 10km en ook paar 1min stappe op bulte op die wedloopdag. Die stap spoed is nie ‘n drentel-dwaal stappie nie, maar doelgerigte stap om moee drafspiergroepe bietjie rus te gee.

Wenke: Maart en April is die moeilikste en hoogte punt, vasbyt, deur druk, swaarkry maande tot so end April of begin Mei(as Comrades op 1 Junie is) Onthou: na harde sessies soos jou kwalifiserende marathon moet daar vir volgende sessie of twee bietjie rustiger en korter gedraf word. Die April 2014 program vermeerder die ure se draf op Sondae tot so 3ure.
Onthou 2014 se Comrades is af/"down"-so dit beteken pyn en seer spiere wat spesiale oefening vereis-lees my artikel in Kafdraf: "Hoekom seer spiere na harde sessies of afdraende hardloop en die "immunisasie" teen afdraende se seer("DOMS") te kry. Oefen teen bulte af-ja AF met spoed so paar keer in laaste maande en weke asook gym kragwerk, kan help teen die groot "Comrades down" se spierpyne.

Comrades Marathon Mei oefenprogram
(lees ook die Kafdraf artikel Laaste maand finale voorbereidings, kontrolelys)

NB: Lees asseblief hierdie program en artikel saam met die 2 vorige Comrades artikels nl: “Comrades Oefenprogram vir beginners” en “Comrades Senuwee Monster Maande.”

Erkenning: Hierna volg soos deur my vertaal die amptelike oefenprogram van Lindsey Parry soos verskaf deur die Comrades Asossiasie se amptelike afrigter en uit die “Nedbank Race dates January-June 2014  Includes: Lindsey Parry’s Training Programme and Log Book”. Vir volledige ondersteuning van beginners in die Comrades Ultra Marathon oor onderwerpe soos ook voeding, ekspert advies, beseringvoorkoming, die stressvolle laaste 3 weke, ens. word lesers gevra om meer hulp te soek onder: www.runnersworld.co.za/comrades

Comrades Brons Medalje Oefenprogram Mei 2014

Ma
Di
Wo
Do
Vry
Sa
So
1/5


rus
45 min
gemaklik
rus
1h30min
gemaklik
2h gemaklik
5/5
rus
15min maklik;
10x2min bulte;
15 min afkoel

rus
1h20min
gemaklik
rus
1h30min
gemaklik
3 ure gemaklik
12/5
rus
15min maklik;
10x2min bulte;
15 min afkoel
rus
1h20min
gemaklik
rus
1h30min
gemaklik
2 ure gemaklik
19/5
rus
10min gemaklik;
5km TydToets;
10min gemaklik
rus
1hmin
gemaklik
rus
1uur gemaklik
1 uur gemaklik
26/5
rus
30min gemaklik
rus
20 min
gemaklik
rus
10min gemaklik
COMRADES

Vir meer volledige ondersteuning tot hierdie maandprogram, gaan lees asseblief die vorige Kafdraf artikels wat insluit belangrike beginsels vir suksesvolle laaste maand en voorbereiding vir Comrades.

NB: vanaf 4 weke voor die Comrades wedloop (so middel Mei) begin die noodsaaklike "taper" vermindering van wedloopafstande en volumes per week, maar die intensiteit oor korter afstande word behou tot so 10 dae voor die wedloop. Geen harde marathon of ander harde wedlope langer as so 21km(liewers paar korter wedlope of tydtoetse) moet in die laaste 3 maande gedoen word nie. (Los 'n harde Two Oceans 56km Ultra kort voor die Comrades Marathon eerder vir die Russiese susters)

Onthou die belangrike laaste ekstra laaang BAIE rustige (met stappe) afstand van so 50km of 60 km so 6 weke voor die wedloopdag (27 April 2014). Dit gaan oor tyd op die bene, sielkundige gereedheid en nie nuwe persoonlike beste rekords nie!!!




GAAN kry al die Belangrike wenke van wetenskaplike afrigter vir die Comrades op die webblaaie en lees meer oor belangrike beginsels=sukses kriteria vir oorlewing sonder besering en goeie wedloopdag:
1. Tyd gebaseerde oefening en nie afstand;
2. Stap is belangrik in oefening, kwalifisering en Comrades dag;
3. Herstel na sessie is belangrik;
4. Bulte herhalings teen 5km wedloop pas (lees meer oor passkating en watter spoed in Kafdraf)


Hoekom meer lees en hardloopgroepe? 
Inligting en advies het my beskerm terwyl ek alleen moes oefen, gereeld 4vm moes opstaan vir my 1ste Comrades, en het 'n fantastiese 1ste Comrades beleef. Ek moes die liggaamlike sprong maak van rustige 10km-hardloper(30km/w maks) na Comrades-hardloper binne 9 maande. In die 9 maande het ek 2 redelike ernstige hardloopbeserings ontwikkel en ernstige aanpassings en voorkomende stappe moes neem. Ek in 1987 my enigste en laaste 42marathon en Two Oceans 56km Ultra marathon gedoen het en het daarna gefokus en provinsiaal gekompeteer in die 5000m, 10km tot 21km wedlope. My liggaam moes na 22 jaar op ouderdom 47 skielik sommer oorgaan van marathon hardlop tot ultra marathon se eise aanpas. ek het foute uit onkunde gemaak en daarom die beserings, bv. te veel, te vinnig, te gou, maar het tydige mediese en hardloop advies gevolg vir beserinsg soos ITB en voetbeentjie drukpunte beserings.(hardloop met pyn wat spesiale skoene, voetstukke, rusperiodes, masserings, "core" versterking, ens ingesluit het.)
Die dag op Comrades was ek reg, gereed, geniet en geen probleme tydens wedloopgehad nie, maar baie normale seer spiere met die Comrades "down" en vir 3 dae "kruppel" daarna(soos almal).


Motivering:
As meer as 14 000 gewone mense, waarvan die meeste onervare hardlopers is, die Comrades 89km kan klaarmaak, dan kan jy ook die Comrades klaarmaak-AS jy goeie advies volg, sistematies getrou (meestal darem) die program oor 'n jaar volg en nie in jouself twyfel nie.
 (Al is jou huidige status bietjie oorgewig of eerder niksdoen- TV-kyk , as jy getrou en sistematies die stappe volg, is dit moontlik, behalwe as jou spesialis SPORT-dokter jou totaal verbied ! Selfs Prof. Tim Noakes het al by hardkoppige ultra atlete moes leer dat die oenskynlike onmoontlike soms wel deur buitengewone volharding van die menslike gees tog moontlik is.  Lees meer hieroor in "Running the China Great Wall" of "The Runner's Way" deur die 3x wenner van die 3x Iron Man(alles in een wedloop) in omtrent 36ure sonder stop.)



Droom groot, , behou dissipline, byt vas en jy sal groot doelwitte bereik!



Kafdraf groete.

Volg my Kafdraf blog vir beginner hardlopers en haastige lesers by www.benniesin.blogspot.com en word 'n "follower".


Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Hoe kan ek bereken wat my pas per km moet wees om die regte spoed per km te oefen vir spesifieke wedloopafstande?

Hoe kan ek bereken wat my pas per km moet wees om die regte spoed per km te oefen vir spesifieke wedloopafstande?

Dit is baie belangrik om te weet watter speod om te oefen, hierme die skakel na Runner's World:

http://m.runnersworld.com/training/pace-calculators

NB: Please support the blog by 
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Wedloop tyd rekenaars("race-time-predictor")

Hoe kan ek bereken watter klaarmaak tyd ek in 'n wedloop sal kan bereik?
Geskatte wedlooptyd

Jy moet jou laaste beste tyd oor 1km of 5km of 10k of 21km ken om die maklike rekenaars te kan gebruik.

Hierna volg die skakel na Runner's World se wedlooptyd voorspellers:


http://m.runnersworld.com/tools/race-times-predictor

Prestasie voorspeller oor verskeie afstande:


Metode: Hoe gebruik ek dit?
Vat die oefening so bietjie rustiger(korter en minder) so 3 dae voor jou tydtoets met geen lang harde sessies wat seermaak of veeleisende afstande die week voor die tydtoets nie.
So as jy wil weet hoe jy vorder, gaan na die atletiekbaan of tydtoets en doen jou beste oor 1500m of 1600m of 5km en vergelyk dit met die tabel hieronder om jou vordering te meet. Kyk wat jou moontlike tyd oor die langer afstande soos die 5km, 10km of 42km behoort te wees sou jy die toepaslike oefenprogram volg.
Hoe moet ek my oefenprogram aanpas?
As jou tye stadiger word soos jy met die langer wedloop afstande op tabel vergelyk, beteken dit jy kort meer uithouvermoe of “langer asem”, bv. tempo’s of wedloopsimulasie sessies en minder kort spoedsessies, bv. 16x 200m sessies. As jou tye as marathon hardloper stadiger of swakker raak soos jy met korter afstande op tabel vergelyk, beteken dit jy kort meer vinniger “spoedwerksessies” vinniger as wedlooppas vir verbetering oor korter wedlope. Jy kort dus vir ‘n vinnige 5km wedloop minder of geen langer afstand sessies, bv. doen minder matige 10km drafsessies of lang tempo sessies oor 15km deur die week, want dit sal dan ontoepaslik wees as ‘n verbetering van 5km PB jou teiken is.
Prestasie Projeksie vir 1500m /1 myl /5km /10km /42km

1500m
4:21
4:33
5:02
5:24
5:42
5:56
6:27
6:44
7:04
7:25
7:50
8:15
8:45
1600m
4:42
5:06
5:28
5:51
6:10
6:27
6:57
7:18
7:38
8:01
8:27
8:56
9:25
5km
16:10
17:33
18:40
19:57
21:02
21:50
23:38
24:40
25:46
27
28:21
29:51
31:30
beste 10km
33:30
36:25
38:45
41:30
43:30
45:15
49:00
51:50
53:30
56:05
58:45
1h02
1:05:30
beste 42km
2h35
2h48
2h59
3h11
3h21
3h29
3h45
3h55
4h05
4h16
4h29
4h42
5h08

Bron en met erkenning aan:
Norrie Williamson se “Short test for performance prediction”

in die Runner’s World-tydskrif van Desember 2016



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
Please support the blog by making donations to our home for intellectually disabled adults and charity at  www.lakefarm.org.za and use reference: Kafdraf + name