Hierdie vraag is veral by beginner hardlopers of wanneer daar soms nuwe oefeninge gedoen word.
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
Skakel eers alle ander ernstiger oorsake uit soos geskeurde spiere, verrekte ligamente, been of gewrig beserings en ander ernstiger mediese probleme en sien eerde 'n fisioterapeut of sportsdokter as jy twyfel.
Indien daar geen ander ernstiger oorsake is nie en die spier pyne is gewoonlik na hardloop oefensessies of harde wedloop dan is die oorsaak gewoonlik eenvoudig. Onthou dat langdurige pyn of seerspier wat nie herstel nie is jou liggaam se alarm wat aandag en dalk mediese diagnose vereis!
Verskynsel is algemeen: Gewone marathon of ultra marathon hardlopers is gewoont aan spier- en ligament pyne en "seer bene" vir so maksimum 2 of 3 dae na 'n ongewone harde of langafstand wedloop. Die seer bo-been spiere na skerp steiltes of bulte se af hardloop is normaal, maar moet dan weer verdwyn. Dit is heel normaal AS geen ander mediese probleme of spesifieke spier of ligament of gewrig se besering nie aanwesig is nie.
Die verskynsel van "seer spiere" na harde oefening of wedloop of eerste drafsessie na lang onaktiewe periode word ook genoem " DOMS= delayed onset of muscle soreness" (soos beskryf in artikel van Runner's World).
So hoekom DOMS? Hoekom ervaar relatief fikse of aktiewe hardlopers na ongewone oefensessie of wedloop die "DOMS"?
Veral bulte se af hardloop veroorsaak dit. Die spiere wat normaalweg nie gestimuleer word nie is waarskynlik vir die eerste keer in baie maande verder gedruk en meer vereis as waaraan die spiere tydens oefensessies gewoont en by aangepas het. DOMS word veral na hardloop van harde en steil bulte af ervaar omdat dit 'n ongewone "teenstrydige spieraksie" van versnel-rem gelyktydig is.
Voorkoming: So hoe kan 'n hardloper die verdomde "DOMS" voorkom?
Die spiere en ligamente moet met spesifieke oefensessies sistematies opgebou word en sal dan net na ongewone harde wedlope verskyn en vir dag of 2 ervaar word. Maar behalwe na Comrades verdwyn die pyne na so 4 dae en daarna is dit vae ligament teerheid en spiermoegheid wat herstel oor paar maande vereis. Veral die bo-been spiere sal seer wees na harde wedloop teen afdraende of bult af wat ongewone versnel-rem-aksie van spiere vereis. Die versterking van die bo-beenspiere word ook deur Comrades-wenners aanbeveel veral met die wedloop af teen groot heuwels na Durban wat baie baie seer beenspiere beloof.
Die antwoord kan wees soos deur erkende afrigters aanbeveel?
- doen meer gehalte sessies wat daardie spiergroepe stimuleer en moenie te lank voor wedloop jou oefninge se intensiteit te veel verminder nie(bv. 10 dae voor Comrades of so 4 tot 5 dae voor kort vinnige wedlope van 5km tot 21km.
- doen meer bulte spoedsessies met versnellings van 80m(korter wedlope) tot 400m(vir marathonne selfs langer);
- hardloop af teen bulte so 1x elke 2 weke voor harde wedlope met baie afdraendes soos Two Oceans, Trail Runs/bergwedlope en enige wedloop wat gaan vereis dat jy vinnig teen 'n bult af moet hardloop. Selfs een harde sessie begin al die spiere se voorbereiding en aanpassingsproses vir bulte se af hardloop. Hoe? Hardloop teen jou verwagte wedloop spoed vir 500m tot 1km so 3 keer hard teen die bult af. Jou spiere sal en moet daarna bietjie seer wees, maar daarmee het die "immunisasie" van spiere begin.
Geniet die seer spiere na harde wedlope, want dit wys jy leef, jou liggaam werk, sal aanpas en volgende keer gaan dit makliker.
Kafdraf groete
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
No comments:
Post a Comment