Prestasie voorspelling oor verkillende wedloop afstande
Vir
hardlopers wat wil weet hoe om vordering te meet of wat hul potensiaal is om
oor langer afstande te presteer, het ek nou ‘n wetenskaplike model van bekende
internasionale afrigter en suksesvolle elite atleet.
Wedlope is
die mees algemene toets om te bepaal hoe atlete vorder in hul prestasies, maar
hoe langer die wedlope is, hoe minder kan atlete aan veeleisende wedlope
deelneem in ‘n jaar. Byvoorbeeld: jy wil jou beste half-marathon 21km oor paar
maande doen , maar jy ken net jou tye oor 5km of 10km en weet nie hoe jy vorder
of teen watter spoed per km om op die 21km jy sal kan handhaaf nie. Dit geld
ook vir korter en veral langer afstande soos die marathon.
Genadiglik
is daar ‘n direkte verband tussen prestasie oor korter afstande en jou
potensiaal om te presteer oor langer afstande. Gevolglik kan jy jou beste
onlangse tyd (PB=persoonlike beste) oor een van die weeklikse Park Runs gebruik
as meetinstrument van huidige prestasievlak en om verwagte tye in 10km, 21km en
marathon te voorspel. Sommige rekenaars wat op die internet beskikbaar is en
wat ek al gebruik het, kan redelik akkuraat ook voorspellings oor 56km en 90km
ultra-marathonne maak, maar dit vereis meer ingewikkelde berekeninge.
Hoe werk
dit?
Hoe vinniger
jy oor die 5km is, hoe vinniger behoort jy oor die langer afstande te wees,
selfs op wedlope van 12 ure lank soos Comrades Ultra-marathon. Dieselfde
moontlikheid om te voorspel is beskikbaar, gebaseer op jou beste 1500m of
1600m(4x 400m op baan is omtrent ‘n myl). Dit is gerieflike afstande wat op die
atletiekbaan of afgemeet op plat pad, gedoen kan word en minder beinvloed word
deur weerstoestande en omgewingsfaktore. Sodoende kan jy meer gereeld tydtoetse
doen om vordering te bepaal die laaste maand of twee weke voor jou teiken
wedloop en sodoende jou verwagte tyd oor langer wedloop te voorspel.
Verbetering
van oefenprogram met meetbare resultate:
Die
verhouding tussen afstand, tyd en prestasie help jou om die korrekte oefenspoed
of pas vir jou huidige fiksheidsvlak te bepaal. Baie keer oefen hardlopers teen
die verkeerde spoed en vorder dan nie vinnig genoeg nie. As jy nie korrekte
spoed oefen oor die weeklikse intervalle spoedsessies, tempo sessie of lang
afstand (“LSD=long slow distance”) sessies nie, kan jy nie die beste resultate
uit jou oefentyd kry nie. So jy moet slimmer oefen en dis nie nodig om meer afstande
of langer te oefen nie wat bepaal word deur wat jou teiken wedloopafstand is. Die
spesifieke teiken wedloop en jou huidige fiksheid sal bepaal teen watter spoed
of pas om te oefen.
Norrie
Williamson maak verdere aanbevelings, naamlik: Hou rekord van jou beste tye oor
korter wedlope of tydtoetse wat:-
·
goeie rigtingwysers is vir die korrekte balans
tussen gehalte of intensiteit spoedwerk teenoor uithouvermoe in oefenprogram;
·
foute in jou wedloopplan of verkeerde pas of
spoed per km wat jy kan of wil hardloop;
·
jou groot hartseer, pyn, uitbranding en
teleurstelling voor en tydens wedlope soos veral die ultra-marathon kan spaar.
Met die hulp
van ‘n oefen logbook met oefensessies, tye en tydtoetse, kon ek baie akkuraat
myself sielkundige voorberei en self-vertroue bou, gebaseer op statistiek.
Sodoende kon ek my doelwit tyd van 2h52min op 50jr oud bereik al het ek ‘n jaar
laas ‘n 42km wedloop gedoen. Elite atlete weet: “hou die statistieke, glo jy
het dit in jou en jaag jou teiken gebaseer op statistiese akkuraatheid van
onlangse prestasie oor korter afstande” MAAR: weet wanneer om die stophorlosie
in die later stadium van ‘n wedloop te ignoreer, want dit kan jou
prestasie ook beperk! BV. As jy sien jy hardloop vinniger en is beter as jou
beplande mylpale na 70% van ‘n wedloop verby is, is dit dalk tyd om jou
stophorlosie te vergeet, omdat jy eintlik die vermoe het om wel beter te
presteer as jou eie statistiese voorspelling. Ek was na 30km in bogenoemde 42km
wedloop reeds 5min vinniger as my beplande tyd terwyl ek baie sterk voel en het
besef ek moet nou net vasbyt en die pas behou en nie twyfel nie.
Metode:
Hoe gebruik ek dit?
Vat die
oefening so bietjie rustiger(korter en minder) so 3 dae voor jou tydtoets met
geen lang harde sessies wat seermaak of veeleisende afstande die week voor die
tydtoets nie.
So as jy wil
weet hoe jy vorder, gaan na die atletiekbaan of tydtoets en doen jou beste oor
1500m of 1600m of 5km en vergelyk dit met die tabel hieronder om jou vordering
te meet. Kyk wat jou moontlike tyd oor die langer afstande soos die 5km, 10km
of 42km behoort te wees sou jy die toepaslike oefenprogram volg.
Hoe moet
ek my oefenprogram aanpas?
As jou tye
stadiger word soos jy met die langer wedloop afstande op tabel vergelyk,
beteken dit jy kort meer uithouvermoe of “langer asem”, bv. tempo’s of
wedloopsimulasie sessies en minder kort spoedsessies, bv. 16x 200m sessies. As
jou tye as marathon hardloper stadiger of swakker raak soos jy met korter
afstande op tabel vergelyk, beteken dit jy kort meer vinniger
“spoedwerksessies” vinniger as wedlooppas vir verbetering oor korter wedlope.
Jy kort dus vir ‘n vinnige 5km wedloop minder of geen langer afstand sessies,
bv. doen minder matige 10km drafsessies of lang tempo sessies oor 15km deur die
week, want dit sal dan ontoepaslik wees as ‘n verbetering van 5km PB jou teiken
is.
Prestasie Projeksie vir 1500m /1 myl /5km /10km /42km
1500m
|
4:21
|
4:33
|
5:02
|
5:24
|
5:42
|
5:56
|
6:27
|
6:44
|
7:04
|
7:25
|
7:50
|
8:15
|
8:45
|
1600m
|
4:42
|
5:06
|
5:28
|
5:51
|
6:10
|
6:27
|
6:57
|
7:18
|
7:38
|
8:01
|
8:27
|
8:56
|
9:25
|
5km
|
16:10
|
17:33
|
18:40
|
19:57
|
21:02
|
21:50
|
23:38
|
24:40
|
25:46
|
27
|
28:21
|
29:51
|
31:30
|
beste 10km
|
33:30
|
36:25
|
38:45
|
41:30
|
43:30
|
45:15
|
49:00
|
51:50
|
53:30
|
56:05
|
58:45
|
1h02
|
1:05:30
|
beste 42km
|
2h35
|
2h48
|
2h59
|
3h11
|
3h21
|
3h29
|
3h45
|
3h55
|
4h05
|
4h16
|
4h29
|
4h42
|
5h08
|
Bron en met erkenning aan:
Norrie Williamson se “Short test for performance prediction”
in die Runner’s World-tydskrif van Desember 2016
Kafdraf groete
Bennie
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
No comments:
Post a Comment