42km Marathon oefenprogam vir beginners
Die Runner’s World en verskeie ander webblaaie het beproefde oefenprogramme vir die 42km marathon vir beginners asook vinniger of doelwitgerigte hardlopers.
Hierdie oefenprogram se beginsels kom uit die betroubare artikels van Runner’s World tydskrif van September 2013, Oktober 2002 en ander skrywers.
Die tipe program wat gevolg word, hang baie af van die hardloper se persoonlike fiksheid en doelwitte, nl: om’n 1ste marathon net klaar te maak met gereelde stappe by waterpunte of om onder 5 ure klaar te maak.
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
a. Vir die Haastige leser wat die Kafdraf kortpad program wil lees:
Volg die 21km oefenprogram elders op hierdie Kafdrafblog, maar maak die volgende aanpassings:
- Lang stadige sessies(LSD): draf verder elke naweek sodat die sessie later so 32km of maksimum een keer 35km lank is;
- vermeerder die afstand geleidelik soos jou liggaam toelaat: 14km/14km20km/16km/20km/24km/27km/21km/29km/24km/32km/24km/32km/24km/15 km/wedloopdag 42km;
- indien jou tyd beperk is, moet hierdie lang stadige sessies as die belangriker sessies van die week beskou word;
b. Meer volledige oefenprogram:
Indien die sessies op Dinsdae en Donderdae met spesifieke intense sessies(H,T,S of MP) opgradeer word, kan hierdie program moontlik help om ‘n sub-4 ure marathon te voltooi.
Skuif die program se dag1 soos dit jou pas, bv: So skuif aan na Ma ens.
Week
|
So
|
Ma
|
Din
|
Woensdag
|
Do
|
Vry
|
Sa
|
Totaal
|
1
|
rus
|
6
|
6H
|
rus
|
6
|
6
|
14
|
38
|
2
|
rus
|
6
|
8H
|
rus
|
8
|
8
|
14
|
44
|
3
|
rus
|
5
|
8H
|
rus
|
8
|
8
|
20
|
49
|
4
|
rus
|
6
|
8H
|
Tydtoets
|
6
|
6
|
16
|
42
|
5
|
rus
|
6
|
10H
|
rus
|
6WP
|
6
|
20
|
48
|
6
|
rus
|
8
|
9H
|
rus
|
6 WP
|
6
|
24
|
53
|
7
|
rus
|
9
|
10H
|
rus
|
8 WP
|
8
|
25
|
60
|
8
|
rus
|
8
|
12H
|
rus
|
Tydtoets
|
6
|
21
|
47
|
9
|
rus
|
5
|
12T
|
rus
|
14 WP
|
5
|
29
|
65
|
10
|
rus
|
6
|
14S
|
rus
|
16 WP
|
Rus
|
24
|
60
|
11
|
rus
|
6
|
10
|
rus
|
16 WP
|
6
|
32
|
70
|
12
|
rus
|
10
|
14T
|
9
|
Tydtoets
|
12
|
24
|
69
|
13
|
rus
|
8
|
16S
|
rus
|
9
|
8
|
32
|
73
|
14
|
rus
|
12
|
12T
|
rus
|
10
|
10
|
24
|
68
|
15
|
rus
|
8
|
8T
|
rus
|
8
|
8
|
15
|
47
|
16
|
rus
|
8T
|
rus
|
8
|
rus
|
5 of rus as nodig
|
42km
wedloop |
63
|
Oefenspoed of intensiteit: (bogenoemde is afstande in km)
Maandae: Rustig teen so beteken so @ 30 tot 40s per km stadiger as beste 5km of 10km wedloopspoed
Dinsdae: probeer gedeeltes bietjie vinniger of 20 sekondes per km vinniger hardloper
Woensdae en Sondae: rus beteken geen intense oefening, want fisiese aanpassing vereis ook voldoende rusperiodes. Ligte, alternatiewe, lae impak sport soos swem is vir fikse hardlopers soms goed, maar rus eerder as jou liggaam met jou “praat”.
Donderdae: probeer vanaf die 5de week die verwagte wedlooppas hardloop.
Vrydae: rustig soos Maandae
Saterdae: Rustig teen so 1min tot 90s per km stadiger as jou beste onlangse 5km of 10km wedloopspoed. Onthou hierdie sessie gaan meer oor lang tyd op die bene as oor die spoed en moet stadig genoeg wees om weer na rusdag te kan begin met die week se program. Met hierdie sessie moet die hardloper kan gesels en mag stop vir waterpunte. Die langer sessies kan ook soms in 2 vir die oggend en aand gedoen word.
Vir die meer gevorderde hardloper of ‘n vinniger wedloopteiken:(nie beginners in 1st 42km nie)
Maandae: eindig met so 3 tot 8 geleidelike versnellings van so 10sek tot so 80% van maksimum spoed
Dinsdae en Donderdae:
H=heuwels so draf ‘n pad met so paar goeie bulte of bultherhaal sessies
WP=Wedlooppas(“RACE PACE”) die verwagte pas waarteen jy die marathon kan klaarmaak. BV: minstens 30sekondes per km stadiger as jou vinnigste onlangse 10km wedlooptyd.
T=tempo sessie van so 10-20 sekondes per km vinniger as WP(verwagte wedlooppas) in die middel van die sessie wat so die helfde van die totale afstand is met ‘n 2 of 3km se opwarming en afkoel.
S=spoedsessie kan 6 tot 8 versnellings van 3 tot 4 minute(800m tot 1km) met 3-4 minutes se rustige herstel daarna.
(Vir meer inligting soek “Google” Yasso 800s of “interval training”)
Lees die Kafdraf artikel"FIRST 3-day per week" marathon program of Google hierdie sleutel woorde en 'n beproefde wetenskaplike marathon program van 'n sport instituut sal opkom wat geskik is vir meer ervare hardlopers wat sukkel met beserings, siektes of werksdruken te min tyd het om genoeg "kilometers" te oefen.
Lees elders in Kafdraf ook onder "Gehalte oefensessies" van hierdie uitstekende FIRST-marathon program wat my ook 'n PB van 2h52m op ouderdom 50jr laat bereik het
Wenke vir die program en wedloop dag: sal later meer opdateer
- NB-Lees die Wette vir Hardloop elders op Kafdrafblog: hierdie is belangrik veral met die groter eise van langer afstande om probleme en teleurstelling te voorkom;
- Moenie harde, lang wedlope doen die laaste paar weke voor wedloopdag nie, maar korter tydtoetse tot so 10km is goeie "spoedwerk";
- van die top afrigters laat hulle elite atlete soms weinig verder as 30km oefen, maar sal eerder paar korter sessies met vinniger tempo sessie binne die 25km laat oefen.
- soek op die www “final week and race day tips for the marathon”
- almal wat ‘n 21km sonder groot ernstige pyne kan klaarmaak, kan ‘n 42km marathon sonder die hulp van ‘n ambulans klaarmaak, want Comrades hardlopers oefen slegs dalk ‘n paar keer tot 50km en maak die 89km klaar. Sukses met langer afstande het baie te doen met sielkundige ingesteldheid en self-motivering om te volhard. Onthou: " die brein gee op voordat die liggaam moeg word" wat beteken dat daar geoefen moet word aan deursettingsvermoe van die brein en ingesteldheid van taaiheid om langer afstande te bemeester. Die wedloop is soveel makliker as die basiese oefenvoorbereiding ook gedoen is.
Kafdraf groete
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
No comments:
Post a Comment