Hoe kan ek van niksdoen of stapper tot hardloper vorder? Hoe lyk 'n realistiese plan?
Passief-tot-ParkRun 5km
Passief-tot-ParkRun 5km
Kafdraf-hierdie blog-het verskeie vorige artikels wat ook hierdie vraag beantwoord en insluit: Voorsorg maatreĆ«ls voordat daar ernstig begin oefen word, stap-na-draf-oefenprogram vir beginners, die wette van hardloop van langafstande as oefening, oefenprogramme vir die 21km half-marathon en 42km marathon. Die Runner’s World-tydskrif gee gereeld en amper maandeliks nuwe en veilige wenke vir beginners tot elite atlete en die RW webblad het volledige inligting en hulpmiddele.
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
Wat is ‘n veilige padkaart en realistiese doelwitte om fikser te word of weer te begin oefen na lang periode van passiwiteit?
Voorbereiding:
- gaan sien ‘n geneesheer as jy enige twyfel oor jou gesondheid het of baie oorgewig* is en
- lees die vorige artikels op Kafdraf wat help met die begin fase.
Hierna volg ‘n kort opsomming van ‘n onlangse artikel op p.48 in die RW September 2013 uitgawe asook eie ervaring om die volgende vraag te beantwoord:
Wat is realistiese doelwitte of stappe om te vorder van stap tot lang afstande(5-10km) te hardloop?.
Die Plan: van niksdoen tot sterk 5km wedloop
Fase 1: Begin beweeg net – begin stap gereeld paar keer per week meer as 30min
Doelwit: 60 minute se stap na 7 weke
Fase 2: Begin draf-(sien die Kafdraf oefenprogram vir die oorskakeling "Stap-tot-Hardloper")
Doelwit: draf 20 of 30 min sonder stap na 10 weke
Fase 3: draf 5km sonder om te stap (-sien Kafdraf se "5km oefenprogram vir 'n wedloop binne 5 weke") Doelwit: jou 1ste 5km wedloop na 5 weke
Fase 4: draf verder tot 10km (sien Kafdraf se "5km oefenprogram vir wedloop in 5 weke")
Doelwit: jou 1ste 10km wedloop na 6 weke
Fase 5: draf vinniger en sterker (sien Kafdraf se "5km oefenprogram vir wedloop in 5 weke-Gevorderde Program")
Doelwit: verbeter jou tyd in ‘n 5km of 10km wedloop met nuwe “gehalte sessies”
Kafdraf het nou oefenprogramme vir die 1ste 5km vir Beginners( nuwe hardloper) en 5km Gevorderde Program(gedrewe vinnige tyd) wat selfs geskik is vir jou 1ste 10km wedloop- vir die entoesiastiese sterker hardeloper(sonder ambulans) .
Lekker oefen en geniet dit!-maak dit “lekker” pret en doen dit dan gereeld elke week.
Vrae en terugvoer is welkom.
Kafdraf-groete
Vrae en terugvoer is welkom.
Kafdraf-groete
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf