Daar is wette ook in hardloop en as dit nie gevolg word nie is daar soms 'n duur prys om te betaal.
Net gou 'n vinnige stuk om die oorhaastige beginner of onrealistiese haas holler te help. Maak seker jy volg 'n versigtige benadering al is jy 'n angstige of passievolle oefenverslaafde.
Gou die volgende kitswenke:
- as gewone mense met spesiale uitdagings fantastiese prestasies kan bereik soos om met blindheid "Mount Everest" te klim, om sonder arms 'n vliegtuig te kan vlieg, sonder gewone herkenbare liggaamsdele rekenaars te werk en swem, na ouderdom 40 jr as vrou sommer 2 keer Comrades 90km Ultra Marathons in een dag te doen-dan kan jy ook jou lewensdrome najaag. Laat niemand en niksr jou weerhou nie!
- gaan eers vir 'n goeie mediese ondersoek voordat jy met nuwe veeleisende fisiese uitdagings of eerste keer se oefening begin as jy nie voorheen voldoende voorbereiding gedoen het nie;
- volg bv. Tim Noakes se Wette vir Hardlopers in "The Lore of Running" of "Running your Best";
- as jy nie voorheen gereeld geoefen het nie, volg eerder 'n goeie beginnerprogram soos elders op Kafdraf en moenie te gou bo jou eie persoonlike gereedheid probeer oefen nie. As jy 'n stapper was of sommer gou wil begin hardloop, volg die Beginnerprogram op Kafdraf wat op tyd/minute fokus en nie afstand/kilometers nie, en volg dit - al voel dit te maklik en resultate dalk te stadig- daar is spesifieke liggaamlike eise wat jou liggaam eers moet verwerk en moet oorkom. Die "stress en herstel"-beginsel en "haastige hondjie verbrand sy mondjie";
- onthou om harde oefendae met goeie rusdae af te wissel;
- siektes en beserings moet met versigtigheid en respek benader word en gaan sien 'n sport fisioterapeut of mediese dokter as jy twyfel. Daar is verskeie tipiese hardloopbeserings en daar is spesifieke oorsake en behandelings wat beskikbaar is en suksesvol kan wees as dit gevolg word. In Kafdraf sal daar later 'n opsomming oor bekende beserings en siektes en wat gedoen kan word, volg;
- vir beginners moet 'n week se oefenprogram omtrent 4 rusdae hĂȘ, maar vir hardlopers wat al 'n paar maande maklik hardloop en wil verbeter, kan nou oorgaan na 'n meer gebalanseerde weekprogram met net 2 rusdae met 1 of 2 harde sessies per week. Bv: bulte herhalings of paar spoed versnellings oor ±50 tot 400m of tydtoets, ens.
- en later meer
Kafdraf groete
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
No comments:
Post a Comment