Landloop Program "Cross Country" Oefening
Kafdraf kry heelwat navrae oor landloop afrigting en ek gaan meer wenke hier gee soos ek die kans kry.Die program en afstande is nie geskik vir jong atlete onder 12 jaar nie, maar eerder vir ouer atlete wat 6-10km landloop wedlope doen. Sien die laerskool landloop program vir kinders onder 12 jaar.
Ek het in 2016 vir Oostelike Provinsie span aan ons nasionale kampioenskap deelgeneem en beplan om weer in 2018 te kwalifiseer vir die Sa kampioenskap as alles reg loop.
Die volgende aspekte gaan hierna bespreek word:
Hardloop Tegniek
Die terrein is baie anders as gewone pad en baan hardloop en gevolglik moet jou hardlooptegniek aanpas by nuwe toestande. "Berg of veldhardlopers" weet dat die terrein bepaal jou lengte van jou tree, plasing van voete en vinniger korter bewegings op gladde of nat terrein. Meer later hieroor.Voor en nadele van landloop hardloop
Landloop atlete moet leer om in alle toestande met hitte, koue, nat en onvoorspelbare terrein te kan aanpas. gevoglik word die atleet meer taai fisies en psigies en minder ontstel as omsyandigehde moeilik raak. Landlope kan weer naellopers benadeel aangesien 'n ongewone styl ontwikkel wat nie voordelig vir hoe spoedd korter wedlope is nie.Oefenprogram:
A.Grondfase vir uithouvermoe
Duur: 4-6 weke met fokus op geleidelike toename van afstand per week wat so 10% meer word.
Die oefening moet ook nou meer op soortgelyke landloop oppervlaktes gedoen word. Bv. gras en grond en oor ongelyke terrein met bulte en draaie soos in parke, plase en rondom skoolgronde en sportvelde
B.Bulte fase vir meer krag met moeilike roetes
Duur: omtrent 4 weke.
Bulte is gewoonlik deel van landlope en sessies sluit in langer afstand van so 90sekondes tot 2minute(6-10 keer). Die korter bulte sessie is so tussen 30-60 sekondes (10-20 keer). Begin met hanteerbare getal en vermeerder elke week die hoeveelheid herhalings.
C.Spesifieke landloop oefening
Beplan 'n 2-weke siklus met 1 week 3 harde sessies en 2de week slegs 2 harde sessies.
Harde sessies is bv:
- 3-5x 1500m-2km (rus so 4 tot 8min na elk)
- lang bulte sessie (90 sekondes tot 2 minute so 6-10 keer)
- kort bulte sessie(30-60 sekondes so10-20 keer).
- tempo of tydtoets sessie van 20min of 5km of selfs 8km se harde hardloop
- gehalte "spoed" interval sessie bv. 8x 1km op gras met so 3-5minute rus met ligte draffie.
Onthou die ander aspekte van langafstandoefening soos in Kafdraf bespreek, bv: rustige herstel dae, luister na jou liggaam, dubbele sesssie per dag vir ernstige atlete, ens.
D.Wedloop voorbereiding
MEER LATERE.Taktiese voorbereiding
MEER LATER
Kafdraf groete
Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Kafdraf groete
Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.