Friday, 1 November 2013

Beserings en siektes by hardlopers

Beserings en siekte by hardlopers


Waarskuwing: Hierdie is nie 'n kundige mediese  persoon se advies nie en moet nie as geneeskundige behandeling gesien word nie.

Neem kennis: Hiermee word slegs opsommend inligting uit eie ondervinding, sportboeke en artikels gegee, want daar is genoeg boeke, sport mediese kundiges en webblaaie wat hierdie saak volledig bespreek.
Ek sien honderde en oor die 7% van alle besoeke op Kafdraf blog lees hierdie artikel en dit is nodig om opsommende opmerkings te maak vir vinnige rigtingwysers sodat lesers betyds kundige mediese hulp kry.

Goeie hulp vir self-diagnose: www.runnersworld.co.za/injurytool

Hierdie Kafdraf artikel is onder die top 5 in Kafdraf.  Die goeie nuus is dat Kafdraf antwoorde het hoe om dit te voorkom. Gaan lees die artikel "Gebalanseerde weeklikse program vir hardlopers"



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

 

Beserings:



Hardlopers kry soms spesifieke beserings aan hul voete, bene, knie, spiere en lae rug, maar ook soms lugweginfeksies en ander simptome wat met veeleisende langaftsand hardloop verband kan hou. Hierdie beserings en siekte is redelik algemeen in hardloop as sport en effektiewe behandeling is beskikbaar vir meeste bekende van die problem as daar betyds professionele hulp gesoek word.

Voordat boeke se advies gevolg word, is dit belangrik om eers ‘n sport geneeskundige of fisioterapeut te gaan sien sodat ‘n betroubare diagnose verkry kan word.

Sommige beserings, byvoorbeeld ‘n “liesbesering” (“groin”) is van die mees komplekse beserings met meer as seker 6 verskillende moontlike en selfs uiteenlopende oorsake wat kan insluit stressfrakture, geskeurde spiere, inflammasie van pubisbeen, verrekte ligamente en heupbeen haarlynkraak.

Verskillende oorsake het verskillende behandelingsmetodes wat wissel van algehele rus vir weke of maande en\of medikasie met onmiddelikke aktiewe rehabilitasie sonder enige verlengde rusperiode, maar wat doen van alternatiewe oefeninge, bv. swem en hardloop in swembad kan insluit.
Beserings van die knie of liesbeserings kan baie komplekse en verskeie oorsake he omdat die liggaam funksioneer as ‘n geintegreerde eenheid.


Oorsake: Gewoonlik kom beserings na ongewone harde oefensessies of verlengde periodes van oormatige oefening wat te gou te veel was of dit kan ook ‘n simptoom van sluimerende swakhede wees wat spesiale oefening vereis.
Byvoorbeeld: probleme as gevolg van swak of beseerde spiere en ligamente rondom die heupe en kernspiere (“core”) kan die pyn of swakhede na ander areas van die liggaam verwys/herlei omdat die liggaam onder druk geplaas word en dan ongesonde aanpassings maak om die druk te hanteer. Sommige “spierpyne” kan gevoel word op plekke wat ver weg van die oorsprong van die pyn is. Byvoorbeeld: 'n seer knie of spier in een been kan oordra na die ander been en 'n nuwe besering veroorsaak.

Daarom is ‘n gebalanseerde weeklikse oefenprogram wat spesifieke spiere versterk ook nodig wanneer daar ernstiger gehardlop word.  Veral kompeterende en ouer atlete moet spesiale oefeninge vir hardlopers insluit wat sekere kritieke gedeeltes van die liggaam versterk en beserings help voorkom en beter vordering verseker, bv. die doen van "maagoefeninge", kragwerk vir beenspiere, ens.


Kan ek aanhou oefen met ‘n besering of siekte?


Luister na die advies van ‘n ervare sport dokter of sport fisioterapeut.
Dit hang af van die erns van die besering en watter soort besering.
Indien dit ‘n spier- of ligament pyne is, is die vinnige reel: As jy kan draf en die pyn raak nie erger nie dan kan jy aanhou met matige oefening, maar as die pyn maak dat jy jou hardloopstyl moet verander –dan moet draf gestop word.
Dan is spesifieke behandeling nodig en met spier- en ligament beserings in spesifieke insident is die“RICE”-metode gewoonlik die beste toepaslike “nood”behandeling .
“RICE” staan vir: Rest=Rus, Ice= sit ys op, Compression=gee drukking, en Elevation=Lig op bv. Bo-op kussing of stoel om verdure swelling te voorkom.
Alternatiewe oefening kan toepaslik wees, bv. Swem en hardloop in ‘n swembad. wat spoedwerk in die water kan insluit. Soms is rus van alle bewegingsoefeninge nie die korrekte behandeling nie, omdat aktiewe rehabilitasie soms die vereiste behandeling is om die besering te genees, wat net weer kan probleme gee na 'n rusperiode, omdat die oorsaak nooit reggestel is nie.


Siekte:
Nie-ernstige siekte:  Kan ek oefen met verkoue, boonste lugweginfeksie, sinusinfeksie of griep?
Ja, slegs matige oefening kan gedoen word as daar geen koors is of spierpyne onderkant die keel is nie, maar nie met regte griep nie!. Geen harde oefening of kompetisie mag gedoen word nie om veilig te wees.
Ernstige siekte: Kan ek oefen en kompeteer met koors en spierpyne soos met griep en ander ernstiger lugweginfeksies? Nee, stop oefening as daar koors en spierpyne na die liggaam onder die keel versprei het. Veiliger is beter en minder oefening verkort herstelperiode van bv. erge lugweginfeksies en begin van griep omdat jy jou liggaam kans gee om te veg en nie meer belas nie.


Wanneer begin ek my fiksheid verloor?

Kortweg: By langafstand atlete is bevind dat spoed na ongeveer 3 weke merkbaar geleidelik begin afneem en stamina na omtrent 6 weke geleidelik begin verminder.   So moenie te gou bekommer oor jou fiksheid wat sal verdwyn nie.( Ek weet hardloop is 'n verslawing wat ontrekkingsimptome kan gee en daarom sal ons soms hardloop en koppig volhard al het ons pyn.)
Elite langafstand atlete het al gewys dat na ‘n periode van bv. 2 weke se rus agv van siekte die atlete soms met die terugkeer tot wedlope persoonlike rekords bereik het of baie min prestasie teenoor mededingers verloor het, omdat die liggaam ‘n goeie ruskans na harde oefening gekry het.  Indien ‘n ernstige siek atleet aangehou het met oefening en kompetisies, kon hulle erger siekte toestande of liggaamlike skade opgedoen het.


Gevallestudies: (moenie die voorbeelde sonder mediese advies probeer nie)
Besering: ‘n 22-jarige 2-kampatleet kry ‘n ernstige "liesbesering" slegs 5 weke voor SA Kampioenskappe en kan soms skaars draf soos die pyn haar pla.  Met korrekte diagnose, selfstudie, medikasie en ander behandeling en toepaslike oefening van haar afrigter, wat beperk is tot net die werklik noodsaaklike oefensessies, het sy nog steeds die SA Kampioenskappe gewen. Hierna moet egter aktiewe rehabilitasie volg om herhaling van die besering te voorkom.
Siekte: ‘n 45-jarige ultra-marathon hardloper wat in ‘n puik kondisie is om sy beste persoonlike rekord van sy lewe te verbeter, word die week voor Two Oceans 56km Marathon siek met boonste lugweginfeksie.  Hy het bietjie lyfseer, keelseer en voel sleg en vra raad. Wat nou gedoen? Geen wedloop en rus of tog deelneem?  Die veilige raad is om te onttrek van die wedloop en sy hart te beskerm van infeksie en gevolglike permanente skade. Nee, hy hardloop tog en voel goed na 15km en breek sy persoonlike beste tyd van 4h25 min in slegte koue en winderige weer.(dit was onverantwoordelike gevaarlike keuse!) Hy rus vir slegs ‘n week na die ultra marathon terwyl hy anti-biotika drink en begin weer met normale oefenprogram ter voorbereiding vir die Comrades Marathon omtrent 2maande later.


Spesifieke tipe hardloopbeserings wat algemeen voorkom :

Goeie hulp vir self-diagnose: www.runnersworld.co.za/injurytool

(NB: Hierdie is nie mediese advies nie en slegs maklik leesbare inligting  vir beginners om bewus te wees van die beserings en om vroegtydig mediese diagnose en voorkomende behandeling te kry.)


Die volgende is die beserings wat die meeste voorkom en die eerste tekens sal spesiale voorkomende aksies vereis om verdere probleme te voorkom:

1. Iliotibiale band sindroom("Iliotibial band syndrome" of ITBS)

Kortweg: 'n vae seer tot later 'n skerp  pyn aan die buitekant van die knie wat ook probleme na ander liggaamsdele kan versprei deur 'n probleem met die ITB. Die pyn vererger met verdere oefening en die pyn stop na rusperiode. Dit hou verband met inherente swakhede wat na vore kom met te veel oefening, te gou en te intens sonder voldoende rus of behandeling. Die pyn forseer die hardloper om met reguit been te probeer voort sukkel met min buiging by die knie wanneer oefening nie betyds gestaak word nie.

2. Hardlopersknie("runner's knee")

Kortweg: seer rondom die knie-skuif wat later 'n pyn aan die voor-onderrant van die knie word.

3. "Shin splints"

Kortweg:  die seer aan die voorkant van die tibia/onderbeen word geassosieer met ooreising/oormatige oefening, verkeerde ongelyke oppervlakte en veral na te veel, te harde oefen wat te gou sonder voldoende rus en voorkomingsaksies kan ontwikkel.

4. Achilles seningontsteking("achilles tendonitis")

Kortweg: die toestand kan as chroniese stress besering beskou word met spier of seningpyn aan die onderkant van die kuitspier("calf muscle") tot by die haak en agterkant van die enkelgewrig. Die seer is veral met die eerste beweging in die oggend voelbaar en kan dan verminder, maar dan ook weer seer word met oefening wat probleme kan vergerger.

5. Voetspier ontsteking("plantar fasciitis")

Kortweg: hierdie is ook 'n besering as gevolg van ooreising/oormatige gebruik wat 'n pyn aan die onderkant van die voet se spier tussen die haak en die bal veroorsaak.

6. Voetbeentjies en gewrigte se ontsteking

Kortweg: hardlopers kan ook met oormatige oefening, te gou, te veel of te intens sonder nodige aanpassing en voorsorg, inflammasie na herhaalde irritasie van voetbeentjies se senings ervaar.


Rehabilitasie van beserings:
Sport fisio-terapeet of dokters of bio-kinetici met ervaring in hardloop of sport weet die beste. Van die beste rehabilitasie oefening vir sommige hardloop beserings, aanvullend tot spesifieke oefening soos deur mediese beroep aanbeveel, is die ligte of geen impak oefening van swem.

Baie belangrik: as jy vermoed dat jy dalk een van die beserings het of besig is om te begin ontwikkel, is dit belangrik om so gou as moontlik die regte mediese advies te kry, toespaslike behandeling en rehabilitasie om langtermyn probleme te voorkom.

Voorsorg is beter as genesing en spesifieke oefeninge en voorkomende aksies is nodig vir al hierdie beserings. Rus en ophou hardloop is nie altyd die korrekte antwoord nie en sal net weer ontwikkel as die regte rehabilitasie stappe nie gevolg word nie. Beserings gaan waarskynlik ervaar word as die Reels of Wette vir Langafstand oefening nie gevolg word nie. Sien die artikel in Kafdraf oor die wenke vir voorkoming van gesondheidprobleme.


As jy enige van die bogenoemde simptome vermoed, gaan vir meer inligting na http://www.runnersworld.co.za/ en soek na artikels of afdeling oor hierdie hardloopbesering( “runner's injuries”).


Sterkte en luister na die advies van 'n goeie sportdokter, fisio-terapeut of mediese kundige.


Kafdrafgroete




Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

3 comments:

  1. hallo. kan help my. my kuitspier so pyn kramp as wanneer ek traf.. hoe mmoet los kuitspier. ek doof. kan kontak my email is johandb@maravedi.co.za. dankie

    ReplyDelete
  2. Goeie dag Johan, het jy al antwoord gekry> ek dink ek het direk geantwoord en hoe gaan dit nou? Johan dis moelik om te se met die min feite, maar ooreising na harde oefening of swak belans in spiere ens kan alles bydra. vir ernstiger Achilles tipe pyn is strekke op trappie op een been op en af teen kuitspier soms effektief. sterkte

    ReplyDelete

  3. Goeiedag, Ek het op 14 jarige ouderdom waterpokkies gekry....nie erg uitgeslaan nie, ongeveer 10 merkies altesaam. Die sere vorm rowe en verder voel ek perdfris. Wanneer sal ek weer kan begin oefen, ek oefen daagliks en die laaste 5 dae het ek geensins geoefen nie. Kan ek al ligtelik begin oefen bv op 'n tredmill?

    ReplyDelete