Kafdraf
Drafstap, draf, hardloop, hol, nael, spore maak,…
Inleiding:
Kafdraf is ‘n samestelling van 45 jaar se persoonlike ervarings en advies van bekende kampioen afrigters en leeswerk. Artikels gaan oor die suksesvolle metodes en beste praktyke wat uit bekende boeke en tydskrifte soos “The Runner’s World”, maar ook uit ander wereldbekende skrywers se artikels en boeke geneem is.
Kom op ‘n drafstap of hol saam die kortpad vir haastige lesers deur nou 45 jaar se persoonlike ervaring in en opleeswerk oor die 800m, 1500m, 3000m, 5km, 10km, 21km, 42km, veldwedlope, “trail runs”, ultra marathonne tot die 89km Comrades Ultimate Human Race.
Die inligting wat hier gegee word, is kort opsommings van beginsels en riglyne vir enige hardloper van jonk en onervare tot ervare wat:-
- wil begin hardloop vir watter rede ookal;
- kinders wil help;
- makliker wil hardloop;
- ‘n gebalanseerde program of wenke soek om sy eie persoonlike beste tye (PB’s) te verbeter of
- ander hardlopers in sy ouderdomsgroep wil “kafdraf”.
MAAR-sport wetenskaplikes en elitistiese eksperts moet liewers na ander blogs gaan soos "The Science of Running" , want Kafdraf is vir kortpad lesers wat die moeilike hardloop "jargon" probeer vermy.
Haastige Hardloper ? wat dadelik wil begin en nie tyd het vir lees nie:
Gaan direk na hoofstuk: “Stapper tot Hardloper vir Beginners: Hoe begin diegene wat niks oefening doen nie of soms stap en nou wil begin hardloop?”
Geniet die lees en mag die advies jou help om jou lewensdrome te bereik!
NB: Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf
Erkenning:
Hiermee wil ek graag my dankbaarheid en groot waardering oordra vir my atletiek afrigters wat sedert 1978 my geinspireer het en persoonlik saam met verskeie ander atlete opgebou het:-
Chris Kiess(1978-1980) was ‘n onderwyser by Hoerskool Bellville en self ‘n WP-span atleet en goeie veldwedloop hardloper vir Universiteit Stellenbosch.
Pieter Rossouw(1988-1990) was ‘n afrigter op die Bellville Atletiekklub se grasbaan langs die Bellville swembad. Hy het onder andere ‘n SA Junior kampioen in die 800m en Springbok 2-kampatlete afgerig.
Hans Van der Veen (2000-2004) was self SA Kampioen in 1500m en 3000m (ook hindernis) en het nou nog SA rekords wat staan en was op 15jr gereken as een van die vinnigste juniors oor 1-myl in die wereld.
Afrigter Marinda Cronje wat my twee tiener kinders afrigting gegee het en tot op vlak van SA Kampioenskappe 2017-2018 in die 2000m H (Nr.1 OP) en biathle(1600m hardloop-swem 200m-hardloop 1600m) gebring het.
Afrigter Marinda Cronje wat my twee tiener kinders afrigting gegee het en tot op vlak van SA Kampioenskappe 2017-2018 in die 2000m H (Nr.1 OP) en biathle(1600m hardloop-swem 200m-hardloop 1600m) gebring het.
Inligting is ook geneem uit artikels in “The Runner’s World” van die afgelope meer as 12 jaar, Prof. Tim Noakes se “Lore of Running” and “Running your Best”, “The Runner’s Body” ….ens.
Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
No comments:
Post a Comment