Friday, 1 June 2012

Passkatting, Spoed en hoe "hard" of vinnig om te oefen of hardloop?

Passkatting/”pacing”, Spoed en hoe "hard" of vinnig om verskillende tipe oefensessies te hardloop?
NB: Baie besoekers aan Kafdraf wil meer leer oor hierdie belangrike onderwerp en daarom het ek meer praktiese voorbeelde bygewerk sedert die aanvanklik artikel.
Hoe hard of vinnig die verkillende programme en soorte oefensessies gedoen word, kan 'n groot verskil maak aan die vordering en sukses van 'n oefprogram.

Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Passkatting is seker die belangrikste  vaardigheid om aan te leer en bepaal of die verskillende sessies "hard of lig" genoeg oefen word.
Onthou die Wette vir hardlopers? Elke drafsessie moet 'n spesifieke funksie vervul vir beginners tot elite kompeterende atlete en daarom die liggaam op die toepaslik inspanningsvlak stimuleer!
Die verskillende sessies soos herstel/"easy", vinnige intervalle, spoed intervalle, bulte, tempo/tydtoets, lang laaang stadige afstand("LSD's) moet in verhouding tot jou persoonlike vermoë, fiksheid en huidige of onlangse wedlooppas gedoen word. Indien nie, kan jy nie die beste gebalanseerde oefening per week kry nie en sommige sessies te hard of stadig doen of nie genoeg herstel of onnodig te hard oefen en nie die volle sessie voltooi nie, ens. Moenie te veel "worry" oor die tipe oefen sessies en spesifieke fisiologiese funksie nie-los dit vir die sport wetenskaplikes - MAAR kyk hoe jou harde werk goeie resultate lewer soos jou liggaam reg reageer op die geduldige en gedissiplineerde navolging van klassieke oefensessies en programme.
Meting van jou inspanning/ "Measuring effort"
Oefen teen die regte pas om seker te maak jy is gereed vir wedlope
Tipe oefen sessie:    Pas teenoor beste 5km pas:     Hart klop:     Persepsie van inspanning :  Praat toets:
1. maklik/"easy"         50-90 sek stadiger                   60-70%          3-4 maklik                    kan vol sinne
2. lang afstand            50-90 sek stadiger                    65%              3-4                               kan vol sinne
3. marathon pas         30-60sek stadiger                    88-92%          5-6                               kort sinne
4. tempo draf             10-25sek stadiger                    94-96%          7-8(hard)                     enkele woorde
5. spoedwerk(800m/1000m)   3-20 sek vinniger       95-100%         9(baie hard)                 geen woorde


Daar is verskillende meetinstrumente en metodes om die korrekte oefenpas te vind, maar die eenvoudigste is die hardloper se eie subjektiewe persepsie van hoe hard die inspanning of intensiteit is. Dit kan eenvoudig gemeet en bepaal word deur die “geselstoets”, persentasie van maksimum hartklop per minuut of spoed gemeet teenoor beste onlangse tyd of wedlooppas oor bv. 5km of 1km of selfs 10km.
Laasgenoemde vergelyking met “wedlooppas –metode” sal as basiese riglyn verduidelik word.

Doen sessies teen die volgende pas of spoed per kilometer in verhouding tot jou onlangse wedloop of tydtoets se beste tye: (NB: vir kompeterende atleter en vir beginners is die beginsel of passkat vaardigheid ook belangrik)
  • oefen volgens jou persoonlike,  verwagte, realistiese wedloopspoed in jou komende hoofdoelwit wedloop, bv. my 21km half-maraton oefenpas, as dit my hoofdoelwit is, moet verskil van my spoed op verskillende oefensessies as ek oorskakel na 'n 5km oefenprogram na die 21km wedloop verby is.
  • harde spoedsessies teen ‘n spoed per km wat omtrent  30 tot 40 sekondes vinniger as jou beste wedloopspoed oor bv. jou beste onlangse 5km of 10km wedloop/tydtoets is;
  • ligte herstelsessies omtrent 30 tot 45 sekondes stadiger asonlangse beste wedloopspoed of verwagte wedlooppas ("race pace=RP" en "anticipated marathon pace=AMP" is die Engelse afkortings in boeke);
  • lang-stadige sesssies(“LSD’s”) teen 1 tot 2 minute stadiger as verwagte wedloopspoed en
  • tempo sessies teen omtrent 10 tot 20 sekondes vinniger as verwagte wedloopspoed.
  • maar vertrou jou liggaam se natuurlike instinkte en persepsie van hoe "hard, veeleisend of gemaklik" die pas of spoed wat jy hardloop voel: Voel dit baie gemaklik/rustig, of middelmatig of baie veeleisend(soos in hard wedloop) of heeltemal uitputtend = "waar is die helikopter of ambulans?"
Persoonlike aanvoeling van intensiteit("perceived intensity")
'n Skaal van 0 tot 10 is 0 = geen inspanning/"no effort/very easy" en 10 = maksimum inspanning/"maximum effort/100%".
Herstelsessies: tussen 2-4 uit 10(rustige dae van geen of baie min inspanning/"allmost no effort")
Middelmatige: sessies tussen 4-6
Harde sessies: tussen 6-8(harde uitputtende tydtoets, spoed- en bulte sessies)
baie harde sessies/wedlope : 9-10 (NB: wedloop intensiteit-gee jou beste vir die wedloop en nie tydens oefensessies nie)
Gebalanseerde normale weeklike program vir volwasse en gevorderde10km hardloper behoort ongeveer soos volg te wees:
Slegs Voorbeeld van een tipe program in opboufase vir 5km of 10km wedloop:
Ma: 6-8 intensiteit vir bulte of langspoed intervalsessies bv: 4x 1000m;(vinniger as beste 10km wedlooppas)
 Di: 2-4 intensiteit vir herstelsessie;
Wo: 4-6 intensiteit vir 5km of 8km tydtoets;(naby aan of dieselfde as verwagte 10km wedlooppas)
Do: 7-8 intensiteit vir vinnige spoed intervalsessie bv: 12x400ms(naby aan beste 5km wedlooppas)
Vry: 2-4 intensiteit of algehele rus dag of alternatiewe oefning, bv. gymsessie of swem
Sa: 3-4 intensiteit(moegheid) vir lang stadige uithou sessie bv. 15 km heelwat stadiger as wedloopspoed
Sondae: geen draf of ligte aanvullende oefening vir goeie herstel na harde week.

Hardlopers wat ‘n meer wetenskaplike of tegnies benadering verkies, kan na spesiale hartmonitor horlosies of sagteware hulpmiddele (“pace calulators”) op die webblad van www.runnersworld.co.za soek. Die korrekte pas of oefen spoed kan volgens verskillende wedloopafstande en elke atleet se persoonlike vermoe bereken word.

NB: Onthou die goue reel dat na harde oefening moet daar ‘n periode of ‘n dag van voldoende rus volg om voldoende te herstel om goeie gehalte oefensessies te verseker. En luister na jou liggaam wat soms algehele rus en meer rus vra.

Nou raak ons al meer tegniese en onthou-geniet net die eenvoud van hardloop en luister na wat jou ligaam vir jou sê!

Vra my met vrae wat pla.

Nou is jy al goed gelaai met wenke om die jou doelwitte gou te "kafdraf".

Kafdraf groete.
Bennie


Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

21km Oefenprogram vir Beginners (as jy al reeds gereeld weekliks bietjie draf)

21km Oefenprogram (volledige) vir beginners (wat al reeds bietjie draf):

Die Runner’s World se Februarie 2006 uitgawe gee ‘n goeie oefenprogram vir hardlopers wat die 21km maraton vir die eerste keer aanpak of na baie min oefening en lae totale km’s weer wil begin deelneem aan wedlope.
Die 21km is een van die gewildste wedloopafstande in SA.

Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.
NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf 

Daar is verskeie voordele om eerder ‘n 21km as ‘n  42km marathon te hardloop.
Die oefening is heelwat korter in totale weke en langafstande, die skade op die bene na wedlope is minder, die oefentyd en aantal weke is minder so jy kan meer wedlope doen.
Onthou wat ervare hardlopers self ondervind het en se: as jy 50km kan klaarmaak, kan jy nog 40km vasbyt* om die Comrades 89km te voltooi. As jy 10km kan doen, kan jy 21km ook voltooi.  Die voorbereidingstyd en lengte van lang oefensessies(LSD’s) is heelwat korter en vereis minder weke se voorbereiding.

Beginner se 21km oefenprogram (as jy al reeds gereeld weekliks bietjie draf)

Week
Ma
draf
Di
Rus/ander
Wo
draf
Do
Vry
Rus/ander
Sa
draf
So
1
4km
30 min
4km
rus
30min
7km
rus
2
4
30 min
4
rus
35
8
rus
3
5
30 min
5
rus
40
10
rus
4
6
30 min
7
rus
45
12
rus
5
7
30 min
7
rus
50
13
rus
6
8
30 min
8
rus
55
15
rus
7
8
30 min
8
rus
60
16
rus
8
4
rus
4
rus
rus
21km
rus

Program se Riglyne:  Hardloop minstens 3 dae per week, bv: Ma, Wo en Saterdae, maar wissel dit af met algehele rusdae(NB: Do en So) en/of aanvullende (nie-draf impak) oefening op Di en Vry soos swem, fietsry, stap, gym of kombinasie van alternatiewe oefeninge.
Jy kan ook Vry omruil met Do, maar moenie die langdraf op naweke afskeep nie. Los liewers die aanvullende “ander” oefensessies.
As jou tyd beperk is, kan jy korter sessies doen, MAAR dan moet dit meer intensiteit oefening soos “spoed” intervalle of  kort bulte herhalings inluit.
(Navorsing: daar is bevind dat harde 7x200m spoedsessie(met opwarm en afkoel) omtrent dieselfde bydra om uithouvermoe te bou as ‘n 2 ure lang stadige draffie! (?) Want: stadige sessies ontwikkel een beskikbare funksie van die spiergroepe (minder hart\long stress), leer jou om lank op voete te wees en veral nodig vir beginner en elite hardlopers.  Vinnige spoed sessies bou die spoed kant van spiergroepe en is ook meer hart\long stress oefening, maar kan nie die lang-stadige oefensessies  wat langtermyn kapasiteit bou, heeltemal uitskakel nie. )

Meer gevorderd/kompeterend?


 ‘n Kort wenk: as jy al bietjie 10km en 21km wedlope die laaste jaar of so gehardloop het, kan die bywerk van weeklikse spoed intervalle of bulte herhalings of kort 3-8km tydtoetse die laaste 4-5 weke, uitgesluit verpligte afskaling en uitrus voor wedloop, goeie resultate oplewer. Moenie 2 harde sessies sommer byvoeg en nog verpligte langsessie per week probeer doen, as jy nie ervare hiermee is nie!

Pasop: As jy meer totale afstande EN intensiteit saam vermeerder, is die kans baie goed dat jou liggaam gaan “staak” agv te veel stress, te gou!

Voorbeeld: Dit het vir my as ervare hardloper in 1999, na 6 jaar se roetine “gesondsheidsdraffies” van 4km so 4 keer per week, sowat 6 maande geneem om weer tot by 3 harde sessies per week te bou. Na eers 4 jaar se opbou en harde baanspoedwerk 2 keer per week, onder ‘n bekende afrigter, het my 10km tyd met 5min geval. In 1990 moes die dokter my hardlooploopbaan “stop”, omdat ek nie na my liggaam wou luister nie.
Vra my as jy belangstel dan kan ek die oefenprogram vir meer gevorder of kompeterende atlete ook gee.

 Sterkte vir jou 21km wedloop voorbereiding en skakel gerus as jy vashaak.

Kafdraf groete



Hierdie blog Kafdraf word sonder vergoeding of borge geskryf en donasies is welkom.

NB: Please support the blog by making donations to our  NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject  and for donations use reference: Kafdraf + your name.
Follow us on Facebook: Kafdraf