Thursday, 4 October 2018

Hoekom is 'n afrigter en mentor nodig vir my persoonlike en professionele sukses?

Hoekom is 'n afrigter en mentor nodig vir my persoonlike en professionele sukses?

Professionele atlete en suksesvolle mense erken en bedank altyd hul rolmodelle en afrigters, maar ook seniors in hulle lewe wat tyd met persoonlike kontak in hulle bele het.

Ek onthou atletiek afrigters, onderwysers, geestelike ouers, lektore, professionele afdelingshoofde en bestuurders wat genoeg omgegee het om tyd te maak vir my ontwikkeling. Ek eer hulle vir hulle voorbeeld en tyd as rolmodelle. Wie is jou atletiek en lewensafrigters en rolmodelle wat jou gehelp vorder het tot waar jy vandag is? Het jy hulle al erkening gegee?

Die eerste inspirasie wat my persoonlik aangetrek het na 'n hardloop sportloopbaan was my oudste broer toe hy vertel van hoe hulle op hoerskool veldwedlope met natuurlike hindernisse hardloop. My broer het my op ouderdom 12jr vir my eerste persoonlike afrigting gevat en geleer van middelafstand intervalle spoedwerk.
Skoolafrigters was maar min en by die Bellville atletiekbaan het klubatlete my saamgevat en kon ek ervaar om 'n baan met legendariese kampioen Ewald Bonzet te deel.
Daarna het Chris Kies my eerste skoolafrigter geword en binne 2 jaar tot by WP Kampioenskap se top 4 ontwikkel het met die SA atlete nr.1 en 2 deel van ons kompetisie op skoolligas 800m tot 3000m.
Op universiteit en in die weermag moes ek alleen oefen totdat Pieter Rossouw ons groep jongmanne en later Hans van der Veen my as veteraan atleet tot S.A. kampioenskappe ontwikkel het. As jongman was tannie Martha as 70-jarige pensionaris my geestelike moeder en berader. My goeie vriend en drafmaat  Coenie het my rekords en statistieke gehou . Hy het realistiese projeksies gemaak en terugvoer gegee oor my vordering wat selfvertroue gebou en nuwe teikens binne bereik gebring het. My afrigter Pieter, oefenmaats en vriend Coenie het my byvoorbeeld gehelp om my 10km beste tyd van 30min41sek en 68min op 21km te behaal voor ek deur die dokter gestop is en 3 maande moes rus. Op my eie kon ek dit nie doen nie!

Miskien is dit invloed en hulp van persoonlike afrigters en mentors wat jou atletiek, beroepsvordering of persoonlike lewe tot die volgende vlak van vordering kan vat of unieke persoonlike uitdagings gaan help oorkom.

Hulle het my geleer wat hulle weet, gewys wat verwag word, uitgedaag om twyfel te oorkom, aangejaag, aangemoedig en op die regte pad gehou na nuwe doelwitte. Sommiges het saam gehardloop en gewys hoe word dit gedoen.

Soek 'n rolmodel of afrigter in jou sport , persoonlike of beroepsveld en vra hom/haar om jou te help. Vra hulle om hul meerdere kennis, vaardighede, ingesteldheid en ervaring met jou te deel en jou met persoonlike doelwitte te help in gereelde ontmoetings of elektroniese skakeling.

Mense wil graag help en hul ervaring deel, maar ons is te trots om te vra of om persoonlik aanspreeklik gehou te word as ons nie hou by ons ooreengekome doelwitte nie.

Suksesvolle atlete en besigheidsmense begin met ontevredenheid met hul huidige vlak en dan:-
1. stel duidelike korttermyn en langtermyn doelwitte met 'n uitdagende groot einddoel;
2. skryf 'n aksieplan met daaglikse en weeklikse stappe en periodieke mylpale;
3. plaas hul program en prentjie van einddoel sigbaar op teen muur vir daaglikse herinnering.
4. kry 'n vriend, groepie of afrigter om hul vordering te help meet en verantwoording te doen en te help vorder as verskonings maklik kom.
5. meet gereeld hul vordering, maak aanpassings en vier met vreugde hul suksesse.

Jou afrigter sal jou help volgens julle ooreenkoms om:-
1. 'n persoonlike program op te stel met weeklikse roetines wat hy self hou of uitgee;
2. 'n oefenplan met tydtoetse en wedlope vir meting van vordering;
3. jou stop as jy te veel, te hard of verkeerd oefen of verhoed om te oefen as jy te siek of beseer is;
4. wys wat gedoen moet word, reghelp, aanjaag, moed in praat as jy sukkel of teleurstellings het, maar nooit afkraak nie.
5. 'n goeie afrigter luister na sy atlete, leer jou ken, verstaan jou sterk en swak punte en
6. maak met jou planne om die beste te bereik injou sport of groter persoonlike prentjie as gebalanseerde mens met goeie waardes en prioriteite.
'n Goeie afrigter sal jou verwys as hy/sy nie verder 'n verskil kan maak nie of as jy op 'n nuwe vlak meer gevorderde of aanvullende hulp en afrigting benodig.

Goeie vriende en afrigters het my gedruk toe ek oor my vordering getwyfel het, aangemoedig toe ek wou opgee, gestop toe ek kop verloor het met te veel wedlope en gevaarlike besluite wat skadelik sou wees.
As jy 'n jong of onervare atleet is, het jy die hulp van 'n afrigter of ervare vriend nodig veral as jy groot doelwitte en sterk ambisie het om goeie  en vinnige resultate te sien.
Deelname aan  wedlope oor intense  lang afstande of middel afstande vir jong atlete kan intense liggaamlike en psigiese eise stel.  Eise wat gereelde monitoring vereis om onnodige risiko's van skadelikke uitbranding en beserings te voorkom met moontlike langtermyn skade en moedeloosheid. Lees meer hieroor in vorige artikels. Ek het verskeie jong en onervare atlete gesien wat die hartseer pad gestap het, omdat hulle nie afrigters gehad het of nie goeie raad wou aanvaar nie.
Afrigters staan op die kantlyn en kan die groter prentjie met objektiwieit beoordeel gebaseer op feite en minder emosie as die twyfelagtige oordeel van die deelnemende atleet self.


Afrigters is beskikbaar by atletieklubs, by atletiekbane, op die internet , met elektroniese afrigting en per selfoon as persoonlike kontak nie moontlik is nie.

Ek beplan om op 'n elektroniese platform persoonlike afrigting aan belangstellende atlete te gee wat my meer dikwels vra om hulp.


Kafdraf groete 
 Please support the blog by making donations. 

Thursday, 12 July 2018

Landloop Program "Cross Counry" Oefening

Landloop Program "Cross Country" Oefening

Kafdraf kry heelwat navrae oor landloop afrigting en ek gaan meer wenke hier gee soos ek die kans kry.
Die program en afstande is nie geskik vir jong atlete onder 12 jaar nie, maar eerder vir ouer atlete wat 6-10km landloop wedlope doen. Sien die laerskool landloop program vir kinders onder 12 jaar.

Ek het in 2016 vir Oostelike Provinsie span aan ons nasionale kampioenskap deelgeneem en beplan om weer in 2018 te kwalifiseer vir die Sa kampioenskap as alles reg loop.

Die volgende aspekte gaan hierna bespreek word:


Hardloop Tegniek 

Die terrein is baie anders as gewone pad en baan hardloop en gevolglik moet jou hardlooptegniek aanpas by nuwe toestande. "Berg of veldhardlopers" weet dat die terrein bepaal jou lengte van jou tree, plasing van voete en vinniger korter bewegings op gladde of nat terrein. Meer later hieroor.

Voor en nadele van landloop hardloop

Landloop atlete moet leer om in alle toestande met hitte, koue, nat en onvoorspelbare terrein te kan aanpas. gevoglik word die atleet meer taai fisies en psigies en minder ontstel as omsyandigehde moeilik raak. Landlope kan weer naellopers benadeel aangesien 'n ongewone styl ontwikkel wat nie voordelig vir hoe spoedd korter wedlope is nie.

Oefenprogram:

A.Grondfase vir uithouvermoe

Duur: 4-6 weke met fokus op geleidelike toename van afstand per week wat so 10% meer word.
Die oefening moet ook nou meer op soortgelyke landloop oppervlaktes gedoen word. Bv. gras en grond en oor ongelyke terrein met bulte en draaie soos in parke, plase en rondom skoolgronde en sportvelde

B.Bulte fase vir meer krag met moeilike roetes

Duur: omtrent 4 weke.
Bulte is gewoonlik deel van landlope en sessies sluit in langer afstand van so 90sekondes tot 2minute(6-10 keer). Die korter bulte sessie is so tussen 30-60 sekondes (10-20 keer). Begin met hanteerbare getal en vermeerder elke week die hoeveelheid herhalings.

C.Spesifieke landloop oefening

Beplan 'n 2-weke siklus met 1 week 3 harde sessies en 2de week slegs 2 harde sessies.
Harde sessies is bv:
  • 3-5x 1500m-2km (rus so 4 tot 8min na elk)
  • lang bulte sessie (90 sekondes tot 2 minute so 6-10 keer)
  • kort bulte sessie(30-60 sekondes so10-20 keer).
  • tempo of tydtoets sessie van 20min of 5km of selfs 8km se harde hardloop
  • gehalte "spoed" interval sessie bv. 8x 1km op gras met so 3-5minute rus met ligte draffie.
Onthou die ander aspekte van langafstandoefening soos in Kafdraf bespreek, bv: rustige herstel dae, luister na jou liggaam, dubbele sesssie per dag vir ernstige atlete, ens.

D.Wedloop voorbereiding

MEER LATER

E.Taktiese voorbereiding

MEER LATER


Kafdraf groete


Please support the blog by making donations to our NPO Human Hearts Foundation and charity at www.waypoint.org.za/foodproject and for donations use reference: Kafdraf + your name.